Local News

Akademie vier ds. Sarel se 65 goeie jare

Met kleurvolle ballonne, vrolik versierde kolwyntjies en ‘n boks vol geskenke het ds. Sarel die nuwe lewensjaar begroet.

POLOKWANE – Na 20 jaar by Akademie Reformia het ds. Sarel Venter, verlede week sy 65ste verjaarsdag gevier.

Met kleurvolle ballonne, vrolik versierde kolwyntjies en ‘n boks vol geskenke het hy die nuwe lewensjaar begroet.

Hy vertel: “Ek het in 2006, toe my eie kinders in Akademie aan skool was, betrokke geraak om die Geloofsleer as vak gedeeltelik waar te neem. Akademie is ‘n Gereformeerde ouerskool en ouers moet hulle verantwoordelikheid ten opsigte van die totale opvoeding van hulle kinders – liggaamlik, geestelik en akademies, nakom. Ek probeer om saam met die onderwysers hulp en ondersteuning te gee waar en hoe ek kan.”

Venter is ‘n voltydse leraar by die Gereformeerde Kerk Pietersburg. Hy onthou hoe hy as kind of ‘n dokter of ‘n predikant wou word en toe in 1979 vir medies geregistreer het.

Die roeping om predikant te word het egter groter geraak en later daardie jaar, begin hy met sy Christelike Hoër Onderwys in teologie aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus.

“Ek het as student reeds met kinders by die Voortrekkers en Landsdiens gewerk. Die kosbaarste oomblikke in ‘n kind se ontwikkeling is en bly wanneer die blye nuus deurbreek dat die Here my liefhet. Dit beteken hulle besef al het hulle niks om te gee nie, ontvang hulle steeds in Jesus Christus alles wat hulle nodig het vir my ewige lewe.”

Sarel sê kinders is broos in ‘n wêreld waar al die verkeerde dinge met hulle gebeur en weggepraat word.

“Kinders het stabiele ouers en huise nodig. ‘n Kind se geestelike vlak is ‘n refleksie van wat in die ouerhuis gebeur en veral wat nie gebeur nie. Hulle is baie fyn waarnemers en weet wat is waar en wie is vals. Elke kind ervaar druk om te presteer, en ons as ouers en grootouers moet hulle bystaan om binne hulle ontwikkelingsvlak die beste te wees. Ouers se bydrae tot geestelike standvastigheid is 60% en grootouers tot soveel as 25%.”

Hy sê dit is ‘n besondere voorreg om steeds voltyds in die Gereformeerde Kerk Pietersburg leraar te wees, en dan ook elke week met gr. 4-7-leerders by Akademie betrokke te mag wees.

“Elke kind is uniek en is geestelik op ‘n ander vlak. Ek het oor 35 jaar in die bediening geleer dat elke kind op sy eie tyd ontwikkel. Seuns ontwikkel eers regtig van 16 af en kry hulle plek in die lewe.

“As ek een gedagte by ons ouers en kinders kan tuisbring is dit die volgende: Tyd gaan vinnig verby. Maak die beste van elke geleentheid en sorg dat jy ‘n goeie verhouding met God en jou kind of ouer het.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button