Local News

Middelburg domineer Pieties in massiewe oorwinning

’n Taai naweek vir Hoërskool Pietersburg se eerste en o/15A krieketspanne teen Hoërskool Middelburg, maar Schoeman blink uit met die bal.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg se krieketspanne het die naweek teen Hoërskool Middelburg te staan gekom.

Die eerste span het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Willem Viljoen was die openingsbouler. Eduan Strydom en Fredrik Boshof van Middelburg is openingskolwers en teken onderskeidelik 28 en 11 lopies aan.

Nijan Swart van Middelburg teken 54 lopies aan met Hendré Nel en Wilré Cilliers op 48 lopies elk.

Hennie Schoeman van PHS en Stephan Swanepoel neem elk drie paaltjies in onderskeidelik nege en 10 beurte.

Willem Viljoen en AJ Galloway het beide twee paaltjies in hulle onderskeie sewe en 10 beurte.

Middelburg teken 280 lopies in 47 beurte aan.

Na ‘n kort breek het Jan Hendrick Boneschans en Alex Thomson van PHS hulle plek voor die paaltjies ingeneem terwyl Hendré Nel van Middelburg geboul het.

Willem Viljoen maak 19 lopies van 21 balle, en kort op sy hakke is Hancu Marais met 17 lopies van 18 balle.

Jan Hendrick Boneschans maak nege lopies van 13 balle en Stephan Swanepoel, agt lopies van 17 balle.

PHS word uitgeboul vir 72 lopies in 19.5 beurte. Hennie Schoeman word as die speler van die week aangewys.

PHS verloor die wedstryd met 208 lopies.

Tydens die o/15A wedstryd het Middelburg eerste gekolf en 420/7 in 48 beurte aangeteken.

Ryan Evert neem twee paaltjies in 10 beurte vir 67 lopies, en Nathan Faver neem ook twee paaltjies in 10 beurte vir 74 lopies.

Zandré Nel, Luwhan Oosthuizen en Livan van der Merwe neem een paaltjie elk.

PHS teken 103 almal uit aan in 24.3 beurte en verloor die wedstryd met 317 lopies.

AJ Galloway vang die kolwer uit.
Hennie Schoeman en Stephan Swanepoel in aksie tydens hulle beurt vir veldwerk.
AJ Galloway boul.
Willem Viljoen stap na sy plek op die veld.
Hanru Marais is deel van die eerste span.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button