Local News

Polokwane skole versprei liefde op Valentynsdag

Polokwane se skoolgemeenskappe het dag van liefde gemerk met omgee, dankbaarheid en kreatiewe inisiatiewe.

POLOKWANE – Sommige noem dit ‘Hartjiedag’, ander weer ‘Harteliefiedag’.

Oral is daar ‘n oorvloed rooi en wit ballonne, sjokolade wat uitgeruil word en hier en daar ’n teddiebeer wat ‘n nuwe eienaar kry.

Die blom van die dag bly steeds die klassieke rooi roos.

Met Valentynsdag Saterdag is dié dag in skole reeds op Vrydag gevier, en leerders regoor die het stad hul gunsteling rooi, wit en pienk uitrustings aangetrek.

Hartjies was die tema van die dag en kaartjies met boodskappe van liefde en waardering is vrolik uitgedeel.

By die kleuters is Valentynsdag meestal ‘n kleurvolle geleentheid sonder veel begrip van die betekenis daaragter.

Wat hulle aantrek, word grootliks deur ouers besluit, en selfs die spesiale hartjiepousebroodjies maak nie altyd ‘n groot indruk nie – solank daar gespeel kan word, is hulle tevrede.

Onder die gr. 1 tot 3-leerders is daar heelwat geterg oor wie se kêrel of meisie wie is, al word daar skaars saam gespeel.

Baie verkies om eerder kaartjies of klein geskenkies vir hul ouers of onderwysers te maak en te gee.

In die laerskooljare raak Valentynsdag soms ‘n bietjie meer ingewikkeld.

Sommige leerders stel glad nie belang in romantiese gevoelens nie, terwyl ander stilweg ‘n oog op iemand het.

Geskenkies word skaam-skaam oorhandig of heimlik in ‘n skooltas gesit as ‘n verrassing.

Teen hoërskool word Valentynsdag meer openlik gevier.

Ballonne, blomme en sjokolade word met selfvertroue uitgedeel, en baie leerders kry die geleentheid om saans op die maat van liefdesmusiek te sokkie.

Of dit nou romantiese of platoniese liefde is, Valentynsdag bly vir elke leerder ‘n unieke en spesiale ervaring – ‘n dag waarop waardering, vriendskap en omgee sentraal staan.

Om al die foto’s van die Valentynsdagvieringe te sien, loer hier

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button