Local News

Polokwane gemeenskap groet oom Attie

Attie van der Merwe (74) van Synchro Motors oorlede ná lang siekbed; sy nalatenskap van integriteit en motorpassie leef voort.

POLOKWANE – Bekende motor-entoesias en veld- en tydrenner Attie van der Merwe (74) laat beslis ‘n nalatenskap van passie en integriteit agter

Attie, ‘n naam sinoniem met Synchro Motors, is Sondag na ‘n lang siekbed oorlede.

Hy was bekend vir sy deursettingsvermoë en vasberadenheid om probleme op te los, en laat ‘n nalatenskap van passie vir motors en toewyding aan familie en die gemeenskap agter.

Sy familie moes van hom afskeid neem na ‘n lewe vol harde werk en liefde. Sy skoondogter, Wilma, sê hy was ‘n liefdevolle eggenoot vir sy vrou, Marie, en ‘n streng maar regverdige pa vir sy kinders.

“Sy familie was vir hom baie werd, en hy het dit geniet om ons almal gelukkig te sien.

“Sy besigheid, Synchro Motors, was nie net ‘n werkplek nie, maar ‘n nalatenskap vir sy seun en later sy kleinseun,” het sy vertel.

Wilma onthou hoe Attie, voor hy aan die einde van 2023 opgehou werk het, voertuie met passie en toewyding herstel het en sy kennis aan die volgende geslag oorgedra het.

Sy trotsste oomblik was om sy kleinseun, Heinrich, deel van die besigheidsfamilie te sien wees.

“Hy was ‘n man van integriteit wat bekend was vir sy eerlike en betroubare werk, asook sy bereidwilligheid om ‘n helpende hand uit te steek.

“Deur die jare het hy verskeie skole en organisasies ondersteun en lewens aangeraak,” sê sy.

Attie se familie onthou hom as iemand wat altyd sy beste gegee het om in enige omstandighede ‘n probleem op te los.

Niks was ooit vir hom te veel moeite nie.

As pa het hy altyd sy kinders se beste belange op die hart gedra, en as oupa was hy sag, trots en vol wysheid.

Hy het graag sy kennis met sy seuns, Hein en Wynand, en sy kleinseun, Heinrich, gedeel, en hulle geleer dat hulle met respek, eerlikheid en harde werk groot hoogtes kon bereik.

Hy was nie net ‘n toegewyde gesinsman nie, maar ook ‘n passievolle motorgeesdriftige.

“Hy het ‘n groot liefde vir motors gehad, en wanneer hy nie aan ‘n motor gewerk het nie, het hy aan motorwedrenne deelgeneem.

“Hy laat ‘n leemte wat nooit gevul kan word nie, maar sy waardes, wysheid en voorbeeld sal altyd voortleef in sy familie en almal wat hom geken het,” sluit Wilma af.

Attie word oorleef deur sy vrou Marie, seuns Hein en Wynand, en kleinkinders.

Sy begrafnis vind plaas op 6 Maart om 10:00 vanuit die Taberna Dei Moederkampus.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button