Local News

Besige Breintjies kleuters ontmoet eksotiese troeteldiere

‘n Spesiale dierebesoek het Besige Breintjies se kleuters die kans gegee om troeteldiere aan te raak en meer oor hulle te leer.

POLOKWANE – Onder die sambreelterm ‘troeteldiere’ is daar heelwat diere wat mense graag in hul huise inneem.

Honde, katte, visse en voëls is die algemeenste, maar daar is ook diere soos hamsters, verkleurmannetjies en slange wat mense name gee en met sorg versorg.

Keamogetse Mojela kyk hoe die krimpvarkie na hom toe loop.
Ares Blanché ontmoet die krimpvarkie.

By Besige Breintjies/Buzzy Brains het die kleuters Donderdag die geleentheid gekry om sommige van hierdie diere van nader te leer ken.

Andrew Fraser en Collin Zihwa het die kleuterskool besoek saam met Knuckles die krimpvarkie, Rango die Jemenverkleurmannetjie en Lila die slang.

Elaine Botha met Lila om haar nek.
Kobus Jonker met Lila die slang om sy nek.

Daar was ook drie hase, onder leiding van Peter Rabbit, asook hamsters, visse en voëls waaroor Andrew met die kleuters gesels het.

Die kleuters het ook die geleentheid gehad om van die diere aan te raak en foto’s te neem met Lila om hul nekke.

Michelle Mashala en Keamogetse Mojela is verstom oor hoe ‘n hasie van nader lyk.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button