Local News

Kaskarre se speke sing by HTS

Tommies se jaarlikse Kaskar-wedren het vir opwinding, kreatiwiteit en strawwe kompetisie gesorg toe leerders met hulle versierde kaskarre en aansteeklike spangees om die baan gery het.

POLOKWANE – Die jaarlikse kaskarwedren is een van die aktiwiteite by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé waarna almal uitsien.

Reeds vroeg in die jaar begin die beplanning, ‘n tema vir elke klas word gekies, die kaskarre word ondersoek, reggemaak en soms verander om die kans om te wen, groter te maak.

Vanjaar se Kaskarwedren het op 26 Maart plaasgevind en in die voorafgaande dae was dit gevul met ‘n opgewonde atmosfeer wat dit moeilik maak om op skoolwerk te konsentreer.

Reeds vroegoggend is daar aan die werk gespring om elke klas se kuip te versier en seker te maak dat die sekondes van rus in gemak kan plaasvind.

Die oggendprogram het om 09:00 afgeskop met leerders wat deelneem aan kruiwa-aflos, toutrek en vryloop. Daarna is daar foto’s geneem en het die kuipe-motor en banierbeoordeling plaasgevind.

Kort voor die wedren amptelik sou begin, is daar ‘n tydtoets gedoen om die wegspringposisie te bepaal en ‘n skouronde gehou.

Beoordeling vind plaas op:

• Kaskar se algemene voorkoms, oorspronklikheid, veiligheidsvereistes, versiering – verf of kleur en die kwaliteit.

• Kuip se algemene indrukke, die binnekant van die kuip, beplanning, spangees en noodhulp.

• Die slagspreuk op die banier, illustrasie, kleurgebruik, oorspronklikheid en algemene indruk.

Uitslae:

Oggendprogramwenners:

• Juniors: 8C.

• Seniors: 12B en 10A.

• Die graad wat die meeste kontant ingesamel het:

1. Gr. 8: R105 999.25.

2. Gr. 9: R99 071.49.

3. Gr. 10: R48 619.97.

4. Gr. 11: R32 216.53.

5. Gr. 12: R12 251.31.

• Die graad wat die meeste produkte ingesamel het:

1. Gr. 12: R659 000.

2. Gr. 9: R205 000.

3. Gr. 10: R60 500.

4. Gr. 8: R38 788,50.

5. Gr. 11: R5 000.

• Die klas wat die meeste kontant ingesamel het:

1. Gr. 8A: R36 080.51.

2. Gr. 9D: R34 936,62.

3. Gr. 11A: R21 576.

• Klas wat die meeste produkte ingesamel het:

1. Gr. 12A: R659 000.

2. Gr. 9C: R200 000.

3. Gr. 10A: R42 000.

• Aantal hoeveelheid produkte ingesamel: R968 288.50.

• Totale hoeveelheid kontant ingesamel: R312 321.59

• Meeste rondtes:

Junior:

1. Gr.8E: 86 rondtes.

2. Gr.9A: 83 rondtes.

3. Gr.9BC: 79 rondtes.

Senior:

1. Gr.11BC: 110 rondtes.

2. Gr.11A: 99 rondtes.

3. Gr.10A: 95 rondtes.

Kliek hier vir meer foto’s.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button