Local News

Mediese uitgawes hoop op vir gesin

’n Jong tiener se lewe verander drasties ná erge rugpyn, terwyl haar gesin sukkel met stygende mediese kostes en onseker behandeling.

POLOKWANE – Slegs drie jaar gelede was Jessica de Beer nog ‘n onskuldige tiener wat daarvan gehou het om tyd in die natuur deur te bring en lang ente saam met haar hond, Tasha, te gaan stap.

Tiener se lewe verander deur rugpyn

Vandag lyk haar toekoms minder rooskleurig en bring sy baie tyd rustig by die huis deur, nie daartoe in staat om te dans, fiets te ry of te oefen nie.

Jessica het ‘n paar jaar gelede begin kla oor pyn in haar lae rug.

Ná verskeie besoeke aan dokters in Pretoria is daar bevind dat sy ‘n risotomie moet ondergaan.

Dit is ‘n mediese prosedure waar sekere senuweewortels gesny of met ‘n laser behandel word om pynseine te blokkeer of te verminder.

Jessica se ma, Amelia, sê sy sit met haar hande in haar hare oor die toenemende uitgawes.

“My man, Pieter, moes in Mei 2023 ‘n operasie aan sy nek ondergaan nadat hy dit by die werk beseer het. Daarna moes hy gereeld teruggaan vir verdere operasies.”

Pieter se salaris het hoofsaaklik vir die gesin se maandelikse uitgawes gegaan, maar hulle het ook ‘n vragmotor gehad waarmee hulle ‘n inkomste kon verdien.

Finansiële druk neem toe vir gesin

Ongelukkig het die vragmotor later gebreek, en Pieter het uiteindelik sy werk op die plaas verloor omdat hy nie meer die werk kon doen nie.

“Jessica het reeds op vyfjarige ouderdom begin dans en aan verskeie nasionale kompetisies deelgeneem.

“Sy en haar tweelingsussie, Dané, het later na gimnastiek oorgeskakel, maar nadat dit te duur geword het, het hulle aanlynklasse by Maryka Botha gevolg,” sê Amelia.

Weens die pyn in haar rug moes Jessica egter ophou dans.

Vroeër vanjaar is sy vir skanderings na Pretoria, waar ‘n chirurg op 26 Februarie ná ‘n MRI-skandering probleme met haar C3-C6 werwels opgemerk het.

Hoop op behandeling en antwoorde

“Soos dinge nou staan, sit ons reeds met baie onbetaalde hospitaal- en doktersrekeninge wat die mediese fonds nie dek nie.

“Die mediese fonds het ook nie die risotomie wat op 13 Maart sou plaasvind, goedgekeur nie,” sê Amelia.

Die familie se plan is om Jessica na ‘n pediatriese spesialis te neem om die pad vorentoe te bespreek.

Vir meer inligting, kontak Amelia by butterflyinterior7@gmail.com.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button