Local News

Mnr. en Mej. PHS dans onder sterre

Hoërskool Pietersburg se jaarlikse Mnr. en Mej.-kompetisie verras met talent, styl en vermaak onder die ‘Dancing with the Stars’-tema.

POLOKWANE – Die gr. 11-finaliste in PHS se jaarlikse Mnr. en Mej. PHS kompetisie het verlede Woensdagaand vir groot vermaak gesorg tydens die kroningsgeleentheid.

‘Dancing with the Stars’ bring glans na die verhoog

Vanjaar se tema was ‘Dancing with the Stars’, na aanleiding van die realiteitsreeks met dieselfde naam.

Deelnemers het eers ‘n informele stapitem gehad waarna elkeen ‘n paar minute alleen op die verhoog was met hulle eie inisiatiewe – van kort komiese sketse, sang- en dansvertonings het beslis die gehoor se aandag vasgevang.

Joré Benadé en Jordan Smith met hulle informele loop.
Rossouw en Jamie-Lee Scott tydens hulle informele loop.

Styl en selfvertroue in formele drag

Daarna het die deelnemers die geleentheid gehad om in hul formele drag voor die gehoor te paradeer, waarna die beoordelaars vir elkeen ‘n vraag gevra het.

DB Riekert in sy aandpak.

Die beoordelaars vir die aand was oud-hoofseun Eduard de Lange, Zanele Steyn, Brandon Cronjé, Rachelle Potgieter en Riaan Benade se vrou, Melissa, wat ‘n oud-Pietie is.

Klik hier en herleef die magic van die aand!

PHS se Mnr. en Mej.-wenners in elke kategorie.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button