Hoërskool Hans Strijdom vra hulp vir beseerde rugbyspeler
Callam de Groot (18), ’n Hoërskool Hans Strijdom-rugbyspeler, benodig ’n dringende operasie ná ’n ernstige handbesering tydens ’n wedstryd.
MOKOPANE – Hoërskool Hans Strijdom doen ‘n beroep op die gemeenskappe om hulle harte en hande oop te maak vir ‘n toegewyde rugbyspeler, Callam de Groot (18).
Ernstige besering tydens Hansieweek
Callam het tydens die onlangse Hansieweek in ‘n rugbywedstryd sy hand ernstig gebreek. Die besering vereis ‘n dringende operasie om die been te heg sodat hy weer volkome kan herstel.
Geen mediese fonds vir operasie
Ongelukkig het Callam se familie nie ‘n mediese fonds nie, en die koste van die operasie beloop R45 000. Dit is ‘n groot finansiële las vir die gesin.
Familie doen beroep op gemeenskap
Callam se ouma en oupa, Shaaron en Pat O’Gorman vra nederig of enige iemand wat kan help, ‘n bydrae sal maak – groot of klein. “Elke donasie bring Callam ‘n tree nader aan die operasie wat hy nodig het om weer gesond te word.”
Bankbesonderhede vir skenkings
Betalings kan gemaak word in Hoërskool Hans Strijdom se bankrekening:
- Naam: Hoërskool Hans Strijdom
- Bank: ABSA Bank
- Rekeningnommer: 1080740073
- Tak: 632005
- Verwysing: Callam De Groot
Vir meer besonderhede kan Shaaron of Pat geskakel word by 083 200 0162.




