Local News

Khanyisa die ietermagog besoek Hoërskool Piet Potgieter

HPP landsdiensleerders leer oor ietermagog-bewaring tydens ’n besoek deur kundiges en ontmoet Khanyisa die ietermagog.

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se landsdiensleerders het onlangs ‘n insiggewende en inspirerende besoek ontvang oor die belangrike rol van intermagogs in die samelewing.

Kundiges deel kennis oor ietermagogs

Merize de Klerk ‘n oud-Pottiekaner, asook ‘n vryskutvideojoernalis vir ‘n Duitse internasionale uitsaaier ‘Deutschewelle’ en Dr. Karen Lourens van die ‘Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital’ het ‘n draai by HPP gemaak en die Landsdiens-leerders meer vertel oor intermagogs.

Leerders ontmoet Khanyisa die ietermagog

Die leerders het die geleentheid gekry om vir Khanyisa die ietermagog te ontmoet, wat dr. Lourens saamgebring het.

Tegnologie bring bewaring nader aan leerders

Khanyisa is ‘n ‘augmented reality’ ietermagog, wat in al 11 van Suid-Afrika se tale kan kommunikeer, deur ‘n toep wat op jou foon afgelaai word.

Fokus op ietermagog-bewaring en navorsing

Vir die afgelope nege jaar is die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital betrokke by die red en rehabilitasie van dié soogdiere, wat op die IUBN- rooilys verskyn.

Dié hospitaal het alreeds meer as 200 uit die kloue van handelaars gered.

Lourens en Khanyisa het die leerders se vrae oor die itermagog beantwoord, in Sepedi en Afrikaans.

Internasionale media dokumenteer die besoek

Merize het ‘n opname gemaak vir die Deutschewelle se program ‘Eco- Africa’, terwyl die gesprekke gevoer is.

Bewustheid oor onwettige handel in fokus

Daar was veral klem gelê op die onwettige handel van die diertjie.

Met die hulp van tegnologie, het HPP meer geleer van die skaam, baie skaars dier, asook hoe om die itermagog te beskerm en te bewaar.

HPP landsdiens bedank besoekers

HPP se landsdiensleerders bedank Lourens en Merize vir die besoek – die leerders het beslis baie geleer.

Laai die Khanyisa-toep af

As jy nuuskierig is en ook kennis wil maak met Khanyisa, laai die toep gratis af by Apple App Store of Google Play Store, ‘Wild Voices: Pangolin’.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button