Local News

Mokopane ‘n finalis in Kwêla ‘Dorp van die Jaar’ kompetisie

Stem vir Mokopane in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie en help die dorp Limpopo in die nasionale finale verteenwoordig.

MOKOPANE – Mokopane is vanjaar een van die streekfinaliste in kykNET se Kwêla Dorp van die jaar-kompetisie.

‘n Kort uittreksel oor die dorp is op 19 April uitgesaai, waarna kykers vir hul gunsteling dorp kan stem.

Mokopane ding mee in Limpopo

Mokopane is een van drie finalist in Limpopo en ding mee teen Lephalale en Hoedspruit.

Die dorp wat die meeste SMS-stemme ontvang, sal hul streek in die kompetisie as finalisdorp in die finale ronde verteenwoordig.

Wat die wenner kan verwag

Kwêla sal ‘n insetsel op elk van die nege dorpe wat die finale ronde gehaal het, kom verfilm.

Die wendorp ontvang R1m se bemarkingswaarde van kykNet met ‘n 45 sekonde advertensie oor die dorp wat uitgesaai sal word.

Daar sal ‘n groot opskop op die wendorp gehou word wat Kwêla sal kom verfilm.

Lottoland skenk ook in hulle eie hoedanigheid ‘n R1m kontantprys wat in die dorp teruggeploeg kan word om infrastruktuur te verbeter.

Hoe om te stem

Daar kan tot 24 April om 12:00 gestem word.

Hier is inwoners se kans om ‘n verskil in ons omgewing te maak. Daar kan gestem word deur “MOKOPANE” te SMS na 33157. SMSe kos R1.50 en slegs 30 SMS word per nommer toegelaat.

Die Wendorp van die jaar word op 2 Augustus op Kwêla aangekondig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button