POLOKWANE – Rugby- en netbalspanne van Laerskool Krugerpark het verlede week na die stad gereis waar hulle teen die spanne van Laerskool Piet Hugo te staan gekom het.
Zihan Maree van Krugerpark stamp sy opponnent af.
Chalandro Botes van Piet Hugo hardloop vir Logan de Graeve van Krugerpark in.
Die seuns was eerste aan die beurt met die o/9A-span wat die ys gebreek het.
Direk na hulle het die derdes op die veld gehardloop en gewys waartoe hulle in staat is.
Logan de Graeve van Krugerpark skop pale toe.
Die o/10A’s, o/11A’s en tweede spanne het gevolg, waarna die eerste spanne die dag afgesluit het.
Die netbalspanne het kort voor 14:00 met hulle wedstryde begin, waartydens al die spanne van o/9-o/13 deelgeneem het.
Dakalo Ramphabana van Piet Hugo sit vir Jay-C Steyn agterna.
My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.