Local News

Jong man ernstig beseer ná botsing buite Polokwane

Die Nel-familie samel tans geld in om Frikkie Nel (25) se mediese kostes te help dek ná ’n ernstige ongeluk op die R81 naby Polokwane.

POLOKWANE – Frikkie Nel (25) en sy familie se lewens het Saterdagaand onherroeplik verander nadat hy en drie vriende in ‘n ernstige botsing op die R81, sowat 40km buite Polokwane betrokke was.

Volgens die familie se woordvoerder, Micaela Nel, was die mans onderweg huis toe van die werk af toe die voorval gebeur het.

“Soos wat ons kon agterkom, het daar ‘n vragmotor half in die pad gestaan terwyl dit besig was om ‘n U-draai te maak. Daar was geen ligte of reflektors nie.

“Teen die tyd dat die bestuurder besef het wat aangaan, het hy na regs uitgeswaai, maar dit was te laat en hulle het die agterkant van die vragmotor getref,” het sy gesê.

Die wrak waarin Frikkie Nel en sy vriende was.
Die agterkant van die vragmotor waarin Frikkie Nel en sy vriende op die R81 buite Polokwane vasgery het.

Veg vir sy lewe ná gru-botsing

Frikkie, wat agter die bestuurder gesit het, het die ernstigste beserings opgedoen, die bestuurder is dood. Die ander twee insittendes het minder kritieke beserings opgedoen.

Frikkie is ná die botsing in ‘n medies-geïnduseerde koma geplaas en is vroeg Maandagoggend omstreeks 03:00 na die teater geneem waar dokters bloeding op sy brein behandel het.

“Hulle het ‘n hematoma verwyder en die bloeding gedreineer,” het Micaela verduidelik.

Teen Maandagmiddag het Frikkie sy bewussyn herwin en kon sy familie hom besoek. Hulle was dankbaar dat hulle reeds effens met hom kon kommunikeer.

Lang en onseker herstelpad lê voor

Hy het egter ernstige gesigbeserings opgedoen. Sy kakebeen en neus is gebreek en daar is verskeie ander frakture in sy gesig.

Volgens die familie is die omvang van die skade nog nie volledig bekend nie.

“Daar lê vir ons ‘n lang pad voor. Hy gaan beslis rekonstruktiewe operasies nodig hê. Volgens die skanderings het hy gelukkig geen ander beserings aan die res van sy liggaam nie. Ons is egter nog onseker oor die skade aan sy gesig. Hy kan moontlik sy oog verloor, maar ons wag nog vir die oogspesialis om hom te ondersoek,” het sy gesê.

Die familie hoop om Frikkie, sodra hy gestabiliseer is en voldoende fondse beskikbaar is, na ‘n traumahospitaal oor te plaas.

Familie hou vas aan hoop

Frikkie word deur sy familie beskryf as iemand wat altyd bereid was om ander te help. “Hy is altyd tevrede en gelukkig en sien net die goeie in ander mense raak,” het Micaela gesê.

Die familie is tans besig om fondse in te samel deur ‘n BackaBuddy-skarefinansieringsveldtog om mediese koste te dek.

‘n Facebook-blad, Frikkie’s Fightback, is ook geskep waar sy herstelproses en vordering gedeel word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button