Local News

Hulp nodig vir klein Schalk Junior Nel se mediese behandeling

Agter elke doktersbesoek lê ’n storie van volharding, onsekerheid en hoop vir beter dae.

POLOKWANE – Op vierjarige ouderdom het Schalk Junior Nel bykans meer tyd in die hospitaal, as by die kleuterskool deurgebring.

Tussen speeltyd en doktersbesoeke

Deesdae speel hy saam met sy maats, leer flink in die kleuterskool en gedra hom soos ‘n normale vierjarige, maar die besoeke aan die dokters is nog nie iets van die verlede nie.

Schalk is op 14 April 2022 na vele komplikasies tydens sy ma se swangerskap, op 37 weke gebore. Alhoewel sy Apgar-toetstelling normaal was, is sy gehoor ook getoets en het die oudioloog vir sy ma, Claudene, gesê dat Schalk nie hierdié toets geslaag het nie.

“Schalk se gehoor is vyf weke later weer getoets, maar dit was steeds nie goeie nuus nie. Ons is na ‘n neurofiosioloog verwys wat bepaal het dat Schalk geringe gehoorverlies het,” onthou sy.

Schalk se gehoorprobleem was in daardie stadium nie die grootste uitdaging nie. Hy het nie, soos ander babas, gewig opgetel nie, en is op drie maande met ‘failure to thrive‘ gediagnoseer. Nog toetse is gedoen om die oorsaak te bepaal, want Schalk se ouers was steeds in die duister.

Schalk Junior Nel wil graag ‘n argitek word.

“Teen die tyd dat Schalk vyf maande oud was, het hy uiteindelik 4kg geweeg. Hy het steeds gesukkel met sy gesondheid en het onder andere gereeld diarree gekry. In Januarie 2025 word hy, na verskeie toetse, deur die pediatriese gastroënteroloog met gastro-esofageale reflukssiekte (GERD) gediagnoseer.”

Vroeë tekens van ’n komplekse toestand

Teen hierdie tyd is Schalk se slukderm al rou gebrand as gevolg van die gedurige refluks. Nadat hy nie op die nodige behandeling reageer het nie, is hy in Mei vanjaar by die Zuid-Afrikaanse Hospitaal in Pretoria opgeneem.

“Die dokters het ‘n gastroskopie gedoen en bepaal dat hy steeds inflammasie in sy ingewande het. Daar is weer toetse gedoen, en die medikasie is hersien.”

Schalk Junior Nel tydens ‘n onlangse hospitaalbesoek.

Indien hierdie medikasie nie voldoende werk nie, gaan Schalk ‘n Nissen-fundoplikasie, ‘n chirurgiese prosedure wat gebruik word om GERD te behandel, moet ondergaan. “Tydens hierdie operasie word die boonste gedeelte van die maag om die onderste deel van die slukderm gedraai. Dit keer dat die maagsuur na bo opstoot.”

Verdere spesialiste en moontlike operasies

‘n Oor-, neus-, en keelspesialis het bevind sy mangels is abnormaal vergroot en moet dringend verwyder word. Volgens Claudene word daar vermoed dat Schalk se stembande beskadig is van al die sure wat in sy slukderm opstoot. Hy sal ‘n laringskopie moet ondergaan. “Daar is ook weer ‘n druktoets op sy ore gedoen en hy moet grommets (pypies) kry. Sy ‘adenoids’, wat reeds vantevore uitgehaal is, het teruggegroei en moet ook weer verwyder word.”

Fondsinsameling en finansiële druk

Die mediese fonds waarvan die gesin lede is, dek geen van hierdie prosedures nie. Claudene het ‘n geldinsamelingsinisiatief begin waarmee sy lootjies teen R100 verkoop. Die prys is drie NBI-breinprofiele ter waarde van R1 500. ‘n Bedrag van bykans R14 000 word benodig vir die NeuroBehavioural Profile, opvolg doktersbesoeke, spesiale kos en medikasie, en uitstaande mediese rekeninge.

Indien jy die familie wil help, kontak Claudene by 069 928 3035.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button