Local News

BJV Pietersburg korrel raak voor jagseisoen

Die dag het skuts van alle ouderdomme die geleentheid gebied om hul vaardighede op te skerp en ervaring met mekaar te deel.

POLOKWANE – Ten spyte van die winterkoue het lede van die Bosveld Jagtersvereniging (BJV) Pietersburg onlangs in groot getalle saamgetrek vir ‘n gesellige dag wat op teikenskiet en skietvernuf gefokus het.

Die geleentheid het skuts die kans gebied om hul akkuraatheid te toets, vaardighede met mekaar te deel en voor te berei vir die komende jagseisoen.

Francois de Jong fokus op sy volgende skoot.

Meer as 50 jaar se tradisie

Sakkie Labuschagne, voorsitter van BJV Pietersburg, het gesê die klub het ‘n trotse geskiedenis van meer as 50 jaar.

“Ons is die tweede oudste jagorganisasie in die land. Ons doel is om verantwoordelike vuurwapengebruik en skietkuns te bevorder,” het hy vertel.

’n Sport vir die hele gesin

Labuschagne het beklemtoon dat die sport vir die hele gesin is en nie net vir volwassenes nie.

“Ons moedig ook kinders aan om onder toesig deel te neem. Dit leer hulle dissipline, respek vir vuurwapens en ‘n liefde vir die buitelewe.”

Die pretdag vorm deel van die klub se gereelde jaarprogram. Elke twee maande word ‘n aktiwiteit aangebied om lede aktief en betrokke te hou.

Hy het bygevoeg dat deelname vir toegewyde sportskuts ook ‘n vereiste is.

“Om jou sportskutakkreditasie te behou, moet jy ‘n sekere aantal skietdae per jaar voltooi. Geleenthede soos hierdie help lede om aan daardie vereistes te voldoen,” het hy verduidelik.

Nuwe lede welkom

Labuschagne het verder gesê die klub is oop vir nuwe lede wat belangstel om skiet en jag as sport aan te pak.

“Ons gee nie om oor ras, kleur of geloof nie. Ons doen dit uit liefde vir skiet en vir die jag,” het hy gesê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Miranda Chauke

Name: Miranda Chauke Newspapers: Polokwane Observer, Polokwane Review and Bonus Review. I have been at Review for six years and no day is the same. I got the opportunity to be part of the Caxton Cadet School in 2017 and learned a lot from the programme. Going to the school gave me an inside look at the world of journalism and I have not looked back. The desire to learn new things and tell people’s stories is what keeps me in journalism. As a community news journalist, nothing brings me more joy than doing softer news and making somebody happy with the work done.

Related Articles

Back to top button