Local News

PHS-redenaar is SA se tweede beste Kansvatter

Hoërskool Pietersburg se Joané van Rooyen is as Suid-Afrika se tweede beste Kansvatter aangewys ná ’n indrukwekkende prestasie by dié nasionale redenaarsfinaal.

POLOKWANE – Joané van Rooyen, ’n gr. 10-leerder aan Hoërskool Pietersburg, is as Suid-Afrika se tweede beste Kansvatter aangewys nadat sy in September aan die nasionale redenaarsfinaal deelgeneem het.

Die finaal van die Kansvatter-redenaarskompetisie, wat vir leerders van gr. 1-12 aangebied word, is by Laerskool Lynnwood in Pretoria gehou. Die kompetisie sluit onder meer voorbereide en onvoorbereide toesprake in.

Die begin van groot drome

Joané het reeds in gr. 7 by Pietersburg Laerskool met redenaars begin. Vir haar gaan redenaars egter oor meer as net ’n plek op die punteleer.

Redenaars gaan nie net oor wie wen nie, maar oor wat jy tot die gehoor bring en watter boodskap jy met hulle deel.

Die kompetisie het haar ook geleer om deur moeilike tye te volhard.

“Net omdat dit moeilik is, beteken dit nie dat ek moet opgee nie. Ek het geleer om positief te bly, deur die moeilike tye te druk en te onthou dat dit wat ek nou doen, later die moeite werd kan wees.”

Sy beskryf haar ervaring in drie woorde: uitdagend, onvergeetlik en besonders.

“Uitdagend, omdat dit my uit my gemaksone geneem het; onvergeetlik, want ek het soveel nuwe ervarings gehad en herinneringe gemaak; en besonders, omdat ek die geleentheid gekry het om teen van die beste jong sprekers mee te ding en uiteindelik tweede in die land te eindig.”

Die toekoms

Joané glo sy kan haar aanbieding verder verfyn deur meer emosie en energie te gebruik en die gehoor sterker by haar boodskap te betrek.

Sy moedig ander leerders aan om redenaars ’n kans te gee, selfs al voel dit aanvanklik ongemaklik om voor mense te praat.

Jy hoef nie van die begin af perfek te wees nie. Die eerste keer gaan dalk baie ongemaklik voel, maar jy word beter met elke keer wat jy voor mense praat.

Vir haar was een van die hoogtepunte om ander jong redenaars te ontmoet en te sien hoe hulle dieselfde verhoog gebruik om verskillende boodskappe oor te dra.

“Ek het dit ook baie geniet om te besef dat ek self een van daardie talentvolle sprekers kon wees en dat ek tussen sulke goeie redenaars kon staan.”

Sy sê haar beste vriendin en haar Afrikaanse onderwyser het ’n belangrike rol in haar ontwikkeling gespeel.

Wanneer sy onder druk is, probeer Joané om nie op die beoordeling te fokus nie, maar eerder op haar boodskap.

“Ek haal ook diep asem voordat ek begin en herinner myself daaraan dat ek voorbereid is. Sodra ek begin praat, raak ek gewoonlik rustiger.”

Joané se ondersteuning

Haar ouers, vriende en ander ondersteuners het haar deur die kompetisie aangemoedig. Haar pa was volgens haar ’n besondere bron van ondersteuning.

Daar is baie mense agter ’n prestasie soos hierdie, maar my pa was die persoon in die gehoor wat my positief gehou het.

Joané beplan om met redenaars voort te gaan en haar vaardighede verder te ontwikkel.

“Hierdie ervaring het my eintlik net meer gemotiveer om aan te hou en te kyk wat ek nog kan bereik. Ek sal beslis weer op ’n redenaarsverhoog te sien wees.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button