Local News

Llewellyns bedank Polokwane-gemeenskap vir oorweldigende steun ná verlies

’n Beplande wegbreek na Dubai het ’n onverwagse wending geneem toe die egpaar ’n mediese krisis in die gesig moes staar.

POLOKWANE – Wat veronderstel was om ‘n droomvakansie en ‘n opwindende nuwe hoofstuk in hul lewe te wees, het vir die plaaslike egpaar Matthew en Cleoné Llewellyn in ‘n hartverskeurende ervaring ontaard.

Te midde van hulle verlies is hulle opreg dankbaar teenoor almal wat hulle deur dié moeilike tyd ondersteun het.

Die egpaar het met hul dokters se goedkeuring na Dubai vertrek vir ‘n kort wegbreek.

Cleoné was ongeveer 23 weke swanger met hul seuntjie, Emrys Matthew. Volgens Matthew was dit nie ‘n hoërisikoswangerskap nie en het hulle geen rede gehad om te verwag dat iets verkeerd sou loop nie.

Enkele dae voor hul beplande terugvlug het Cleoné egter onverwags kraampyne ervaar. Sy is in ‘n hospitaal opgeneem, waar dokters vasgestel het dat sy reeds 7cm ontsluit was.

Die mediese span kon die kraam tydelik stuit, met die hoop om die swangerskap met nog vyf weke te verleng. Die egpaar is voorberei op die moontlikheid dat hul baba tot 100 dae in die neonatale intensiewesorgeenheid sou moes deurbring.

Dit het beteken dat hulle moontlik nog drie tot vier maande in Dubai sou moes aanbly, met groot finansiële implikasies.

Gemeenskap staan saam in moeilike tyd

Familie en vriende in Suid-Afrika het gevolglik ‘n geldinsamelingsveldtog begin om die egpaar by te staan.

Emrys is egter kort daarna gebore en onmiddellik in die neonatale intensiewesorgeenheid opgeneem.

Ná 10 dae van gebede, bekommernis, trane en hoop het die ouers afskeid van hul eersteling geneem nadat hy sepsis opgedoen en gesterf het.

Hoewel hulle ver van hul geliefdes was, het ander Suid-Afrikaners in Dubai hulle ook gedurende dié moeilike tyd ondersteun.

“Ons het met swaar harte vir Emrys Matthew Llewellyn in Dubai begrawe. Daar was aanvanklik teenstand, aangesien die Dubai-regering nie Christene in hulle land wil begrawe nie. Ons het wel deur ‘n Katolieke kerk ‘n plek gekry,” vertel Matthew.

Die egpaar sê die ondersteuning wat hulle ontvang het, het ook gehelp om die groot finansiële las te verlig. Die mediese rekening het ongeveer R1.1m beloop.

“Ons wil almal bedank vir hulle omgee en bystand. Ons kon met almal se hulp, asook die mediesefonds se bydrae, dié rekening aandurf. Wat ons nog kort, sal ons maandeliks afbetaal.

“Ons word getroos en sterk gehou deur ons geliefdes en ons geloof,” het Matthew afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button