Akademie Reformia blink uit by Limpopo Eisteddfod
Na weke se oefen was daar min wat dié leerders sou keer om goed te presteer by die Limpopo Eisteddfod.
POLOKWANE – Die leerders van Akademie Reformia kon met uitmuntende uitslae spog nadat hulle aan die Limpopo Eisteddfod deelgeneem het.
Leerders het hulle slag gewys in gedramatiseerde poësie, formele poësie, musiekinstrument, Afrikaanse volkslied, Afrikaanse solo en Engelse solo.
Die skoolkore het ook die geleentheid gehad om hulle vernuf te wys en het die gehoor op die punte van hulle stoele gehad.
Onder die kore het die junior ensemble (gr. 1-3) ‘n A+ behaal en die senior ensemble (gr. 4-7) ‘n A++.

Individuele uitslae:
Gr. R:
• Gabriel van der Westhuizen: A vir formele poësie.
• Lize Combrink: A++ vir formele poësie. A vir Afrikaanse solo.
• Leané Calitz: A vir formele poësie.
• Lia Krithkin: A vir formele poësie.
• Blake Owen: A vir formele poësie.
• Carmi de Witt: A vir formele poësie, Afrikaanse volkslied en Engels solo.
Gr. 1:
• Francois Fourie: A vir formele poësie en Afrikaans solo. A+ vir Afrikaanse volkslied en Engels solo.
• Nika de Witt: A+ vir formele poësie. A vir Afrikaans solo, Afrikaanse volkslied en Engels solo.
• Johann Becker: A+ vir gedramatiseerde poësie, Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo en Engels solo.
• Lu-Mar Slabbert: A+ vir formele poësie.
• Hailey Pelser: A+ vir formele poësie.

Gr. 2:
• Marnu Snelling: A vir formele poësie.
• Barend van Dyk: A vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo en Engels solo. B vir formele poësie.
• Janike Carstens: A+ vir gedramatiseerde poësie. A vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo en Engels solo.
• Chantèlé Lyon: B vir formele poësie.
• Anje Combrink: B vir gedramatiseerde poësie.
• Cailyn Suddes: B vir formele poësie.
• Simeon Pretorius: B vir formele poësie.

Gr. 3:
• Hymnege Andrin: A vir formele poësie, Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo en Engels solo. A+ vir gedramatiseerde poësie.
• Juné Carstens: A vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo en Engels solo. B vir formele poësie.
• Michael Maloney: A vir formele poësie.
• Deoné Gouws: B vir formele poësie.

Gr. 4:
• Karmi Fourie: A vir formele poësie, Afrikaanse volkslied en Engelse solo. A+ vir klavier (gr. 1) en duet. A++ vir Afrikaans solo.
• Amelie Becker: A vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo, Engels solo en klavier (gr. 1). A+ vir gedramatiseerde poësie en duet.
• Kaylee Brits: A vir formele poësie. B vir formal poetry.

Gr. 5:
• Jakobus Brits: A vir samespraak.
• Altus Willemse: A vir samespraak.
• Liam Venter: B vir formal poetry.
• Donvé Botha: A vir Afrikaans solo.
• Mienke Diedericks: A vir Afrikaans solo. B vir formele poësie.

Gr. 6:
• Hannetjie du Plessis: A vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo, Engels solo. B vir formele poësie.
• Inari Fourie: A+ vir gedramatiseerde poësie, Afrikaanse volkslied, Engels solo en duet. A++ vir Afrikaans solo en klavier (gr. 1).
• Marjazé Pelser: B vir formele poësie.
• Leila Hoogendyk: A vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo en Engels solo. B vir formele poësie.
• Celma Becker: A vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo, Engels solo en klavier (gr. 2). A+ vir gedramatiseerde poësie en duet.

Gr. 7:
• Anselmia Caldeira: A+ vir Afrikaanse volkslied, Afrikaans solo en Engels solo.
• Enriko Enslin: A vir formele poësie en formal poetry.
• Madelein Brits: A+ vir Afrikaanse volkslied en Afrikaans solo. A vir Engels solo, formele poësie en formal poetry.





