Netbalspanne skop stof op by Mini-Wêreldbeker
Oosskool, Pietersburg Laerskool-Noord, Hoërskool Pietersburg en Curro Heuwelkruin is die enigste Polokwane spanne wat deurgedring het om aan die finaal deel te neem.
POLOKWANE – Die Limpopo finaal van die Mini-Wêreldbeker het op Menseregtedag plaasgevind met nie minder nie as 20 spanne wat teen mekaar meegeding het.
Van hierdie 20 spanne was nege o/13 en 11 o/15. Oosskool, Pietersburg Laerskool-Noord, Hoërskool Pietersburg en Curro Heuwelkruin is die enigste Polokwane spanne wat deurgedring het om aan die finaal deel te neem.
PHS het in die semi-finaal teen Hoërskool Warmbad te staan gekom en 24-2 gewen. Daarna is hulle deur na die finale rondte teen Hoërskool Ben Vorster.
Hier verloor PHS 10-8 en die Vossies dring deur na die volgende rondte. Die o/13-spanne het nie ‘n volgende rondte nie, maar Oosskool het die finaal gewen.











