Schools

Oud-Pietie nou berader by alma mater

Karlien Roggeband het 15 jaar ondervinding om met jeug te werk en haar fokus is op hoërskoolleerders en jong volwassenes.

POLOKWANE – Met ‘n van soos Roggeband is Karlien, volgens haar, slegs een van vyf mense in Suid-Afrika met die van. Twee van die oorblywende vier mense is haar man, Jaco en seun Joshua.

Karlien is in die laat 1980s in Polokwane gebore en het haar gr. 12 eindeksamen aan Hoërskool Pietersburg voltooi.

Aangesien sy graag wil weet waar dinge vandaan kom en nie sommer ander mense, selfs haar ouers, wil glo nie, het sy besluit om teologie by The South African Theological Seminary te studeer. Hier het sy vir Jaco ontmoet en na 10 jaar het hulle vier jaar gelede die knoop deurgehak.

“Ek het my prakties by Hoërskool Pietersburg kom doen en was agt maande hier voordat ek vir drie jaar sendingwerk gaan doen het. Aangesien werk in die teologierigting skaars is, het ek vir sewe jaar by die Oor Instituut gewerk. Toe die pos by PHS oopgaan, het ek aansoek gedoen.”

Karlien is hoofsaaklik verantwoordelik vir berading en sy ondersteun ander wat dit nodig het. Sy het 15 jaar ondervinding om met jeug te werk en haar fokus is op hoërskoolleerders en jong volwassenes.

“Ek kan nie een persoon dieselfde hanteer nie. Elke geval is anders. Ek soek na die oorsaak of die wortel van die probleem en werk daarmee. Jong mense sukkel dikwels met verwerping. Ek luister na hulle en kry die oorspring en help hulle om perspektief te kry.”

Sy sê die leerders by PHS is baie vrymoedig om met haar te gesels en dit is vir haar lekker om hulle te help.

Jaco is ook in die bediening en ‘n pastoor by Taberna Dei Ooskampus. Hier gee hy ook berading, veral voorhuwelikse berading. Karlien en Jaco wil graag saam huweliksberading ook gee.

In hulle vrye tyd spandeer hulle tyd buite en saam met die gesin. Karlien is ook lief daarvoor om te lees.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button