Net voor die eerste spanne die laaste wedstryde vir die dag speel, was dit tyd vir die oumanne en ouvroue om hulle slag op die rugbyveld en netbalbaan te wys.
Tiaan Engelbrecht van PHS spring terwyl Johan Engelbrecht hom ondersteun. Regs: Zander Byleveldt van Tom Naudé skop die bal.
POLOKWANE – PHS het behoorlik skoonskip gemaak in vanjaar se uitgawe van die Bosveld Intervarsity, wat Saterdag op ‘n hoë noot afgesluit is nadat netbal- en rugbywedstryde ondersteuners en vriende van die skool in ietwat kouer weer besig gehou het.
Reeds van vroeg af het die spelers en toeskouers op Hoërskool Pietersburg se gronde toegesak, gereed om hulle spelers en skole te ondersteun.
Kayla de Villiers van PHS in aksie op die netbal baan.
Monja Groenewald van PHS vang die bal in die hardloop.
Danele Wienand van PHS vang dit bal.
Micheal van Heerden van Tom Naudé in aksie.
Zoë Dunster-van der Heever van PHS met die bal.
Dian van Tonder van PHS gooi die bal na ‘n spanmaat.
Dylan Niewenhuizen van Tom Naudé maak gereed om pale toe te skop.
Carla Booysen van Tom Naudé gooi die bal onder deur na ‘n span maat.
Malwande Buthelezi van Tom Naudé gooi die bal na ‘n spanmaat.
Wian Terblanche van PHS skop die bal.
Palesa Wiso van Tom Naudé is gereed om die bal te gooi sodra die fluitjie blaas.
Carla Booysen van Tom Naudé is gereed om die bal in die baan te gooi.
Melandie Snyman van PHS in aksie op die baan.
Makoma Tjege van Tom Naudé vang die bal.
Cailin Menzies van PHS in aksie op die baan.
John-Ross Coetzee speel vir die PHS oumanne.
Carmen Gerner speel vir PHS se oud-netbal span.
Dylan Niewenhuizen van Tom Naudé met die bal.
Andy Meso van Tom Naudé in aksie op die rugbyveld.
Behalwe vir die netbal- en rugbyspelers, het PHS se pom-pom meisies ook hulle danstegnieke gewys.
Hulle het voor die eerstespanne se wedstryd, asook tydens rustyd die skare vermaak met hulle danspassies.
Pietie, PHS se gelukbringer, en Tommie Tier, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se gelukbringer, het ook gesig gewys en foto’s saam met opgewonde ondersteuners geneem.
Su-Mari Nel van Tom Naudé gooi die bal na ‘n spanmaat.
Zander Byleveldt van Tom Naudé skop die bal.
Cara van der Goot van PHS vang die bal.
Danele Wienand van PHS met die bal.
Divan Brown van PHS in aksie.
Lesetja Mamabolo van Tom Naudé rek vir die bal in die lynstaan.
Kenielwe Phosa van Tom Naudé hardloop na die doellyn.
Kwena Mafogo van Tom Naudé hardloop met die bal.
Zander Byleveldt van Tom Naudé maak gereed om die bal te skop.
Henré Venter van PHS in aksie op die rugbyveld.
Winette Prinsloo van PHS soek na ‘n spanmaat om die bal na te gooi.
Adolf Swanepoel van PHS skop die bal.
Rea Ramoshaba, Tom Naudé se kaptein, gooi die bal na ‘n spanmaat.
John-Ross Coetzee van PHS se oumanne span.
Winette Prinsloo van PHS geniet die wedstryd.
Carla Booysen van Tom Naudé, Melandi Snyman van PHS en Sandy Schoeman van Tom Naudé hardloop almal om die bal te vang.
Monja Groenewald van PHS vang die bal.
Makoma Tjege van Tom Naudé gooi die bal.
Zelri du Bruyn van Tom Naudé vang die bal.
Net voor die eerste spanne die laaste wedstryde vir die dag speel, was dit tyd vir die oumanne en ouvroue om hulle slag op die rugbyveld en netbalbaan te wys. Hierdie spelers was almal in die onderskeie hoërskole as leerders.
Die netbalwedstryde was ook die amptelike ligawedstryde tussen PHS en Tom Naudé.