Schools

Bulletjies en netbalbokkies skitter by PLS-dag

Reeds van vroegoggend het spelers, afrigters en ondersteuners by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé bymekaar gekom waar die wedstryde gespeel is.

POLOKWANE – Pietersburg Laerskool het Saterdag hulle jaarlikse bulletjierugby en mininetbaldag aangebied.

Reeds van vroegoggend het spelers, afrigters en ondersteuners by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé bymekaar gekom waar die wedstryde gespeel is.

Ané Els van Oosskool vang die bal. Regs: Theuns Horn van Oosskool tip die bal voordat hy afskop.

Net voor die wedstryde afgeskop het, het Erica Pre-Primêr se pompommeisies die skare vermaak.

Shaun van Heerden van Oosskool ontduik sy opponente. Regs: Tebogo Malatji van Noordskool hou haar oë op die bal.

Lees ook: FOTOS: Bulletjies en netbalbokkies by PLS-dag

Deelnemende skole aan die dag was Laerskool Pietersburg-Suid, Akademie Reformia, Oosskool, Erica Pre-Primêr, Noordskool, Laerskool Piet Hugo, Laerskool Ivypark, PEMPS, Laerskool Krugerpark, Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Musina.

Elke rugbyspeler wat gedurende sy speelbeurt ‘n drie gedruk het, is beloon met koekies van Sasko. PLS se hoof, Jacques Bartlett, het die ouers en deelnemers bedank vir hulle teenwoordigheid.

Tebogo Malatji van Noordskool hou haar oë op die bal.

“Dae soos vandag bring ouers, kinders en gemeenskappe bymekaar om saam tyd te spandeer – tyd om op ‘n vroeë ouderdom te voel hoe dit voel om sukses te ervaar. Tyd om te weet pa en ma is trots op my en lief vir my, en tyd om bevoorreg te voel. Ons is bevoorreg om verbonde te wees aan skole, personeel en ouers wat die holistiese ontwikkeling, opvoeding en groei van ons verbondskinders verstaan en geleenthede soos hierdie te koester.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button