Schools

‘n Ma vir haar eie, én 24 kleuters

Vir Moedersdag wat vandag gevier word, het Review met Yolandie Toerien, 'n juffrou by Taberna Dei Kleuterskool en Dagsorg gaan gesels.

POLOKWANE – ‘n Ma is daardie persoon in wie se arms ‘n kind veilig voel – sy is die beste persoon om trane af te vee en stukkende knieë beter te soen. Sy pak die lekkerste kos vir pouse in en sorg soms selfs vir ‘n bederfie.

Wanneer die kinders by die skool is, word die rol van Ma oorgeneem deur Juffrou, wat moet sorg vir ‘n drukkie en veiligvoel.

Vir Moedersdag wat vandag gevier word, het Review met Yolandie Toerien, ‘n juffrou by Taberna Dei Kleuterskool en Dagsorg gaan gesels.

Sy het 24 vier-tot-vyfjariges in haar klas.

“Ek is nou drie jaar by dié skool en geniet elke oomblik. Ek is lief vir kinders, en elkeen van hulle is uniek en spesiaal. Ek geniet my werk baie.”

Vandat Yolandie kan onthou wou sy met kinders, verkieslik kleuters, werk.

Sy erken by die skool is sy ‘n ma, ‘n juffrou, ‘n dokter, letterlik alles vir die kinders.

“Om juffrou te wees kom vir my natuurlik, ek hanteer elke kind asof dit my eie is. Vandat ek baie jonk was wou ek net ‘n ma wees. En nou is ek mamma vir drie van my eie kinders en 24 ander. My liefde vir die kinders is vir my ‘n passie. Dit is nie vir my ‘n probleem om by die skool ‘n ma te wees, en by die huis nie.”

Enige ma kan vertel van die “terrible two’s” wat soms tot omtrent vyf jaar by kinders gesien word. Yolandie se raad hiervoor is om die kind vas te hou.

“Dikwels kort die kind net die versekering dat alles OK gaan wees. Ek hou die kind gewoonlik vas tot hy of sy rustiger is en as ek nie dit kan doen nie, laat ek hulle by my sit.”

Baie mammas wil hulle kinders so lank as moontlik by die huis hou, maar Yolandie verduidelik dat, sou ‘n kind nie genoeg stimulering kry nie, hy of sy skool as moeilik gaan ervaar.

“Talle kinders wat nie vroeg reeds by ‘n dagsorg of kleuterskool is nie, is agter met hulle ontwikkeling en sosiale vaardighede. By die skool leer hulle alles, van kleinmotoriese aksies tot grootmotoriese aksies. Soms sukkel hulle ook later om by die skoolstelsel aan te pas. As ek ‘n kind kry wat sukkel, gee ek so bietjie meer aandag en van my tyd aan hom om hom gerus te stel.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button