Markdag by Reffie-sport ‘n goue geleentheid
Skoolhoof Natasha Fourie het aan Review gesê dat terwyl hulle geld wou insamel was dit ook ‘n geleentheid waar hulle spanwerk aangemoedig het.
Die kleuters van Kleinbegin Kleuterskool by Akademie Reformia, het ‘n onlangse rugby- en netbaldag gebruik om geld op ‘n prettige manier in te samel.
Die skoolhoof, Natasha Fourie het aan Review gesê dat die gr. R-leerders juis die beursie vir hulle speelgrond wou opvul.

“Die kinders het ‘n heerlike Markdag gehou, wat baie beplanning, organisasie en energie gekos het, en terwyl ons geld wou insamel was dit ook ‘n geleentheid waar ons spanwerk aangemoedig het. Die kinders het baie geleer.”

Sy sê dat entrepreneurskap en sakevernuf die skool na aan die hart lê, en danksy ‘n ondersteunende ouerkorps and onderwysers, dit vir die skool moontlik is om diesulke geleenthede aan te bied.

Die jongspan se “kliënte” het ook ondersteuners van besoekende skole ingesluit, en saam het almal gesmul aan heerlike springmielies, pizza, warmbrakke, slaptjips, kolwyntjies en dies meer.

“Die skool bedank graag al die leerders vir hulle harde werk om die mark te hou, en die ouers wat kom help het en gesorg het dat dit ‘n groot sukses was,” het Fourie afgesluit.




