KYK: Osie-kore behaal goud by ATKV Applous
Die AKTV Applous koorkompetisie is die oudste skoolkoorkompetisie in die land, en vanjaar het 225 kore van regoor die land deelgeneem.

POLOKWANE – Oosskool se junior en senior koor het verlede Maandag aan die ATKV Applous koorkompetisie deelgeneem en hulle afrigter en die skool baie trots gemaak.
Die ATKV Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in die land, en vanjaar het 225 kore van regoor die land opgetree. Die kore verskil van grootte, en mag van instrumente gebruik maak.
Die streeksfeeste het op 8 Mei afgeskop en strek tot 2 Junie.
Hierna vind die skole uit wie na die finale rondes deurgaan, waar meer as 40 kore die hoogste note gaan probeer bereik.
Die kore kan Afrikaanse gewyde liedere, prettige Afrikaanse liedjies, en nuutgekomponeerde liedjies sing.
Die finale rondes word in Pretoria gehou tydens die laaste week in Julie. Hierna word die beste kore van die Applous-kompetisie aangewys.
Oosskool se kore word deur Ursula Botha afgerig en sy sê sy is baie trots op hierdie leerders.
“Beide kore het goud behaal wat beteken hulle punt was tussen 80% en 89%.”




