Schools

Osie’s vier einde van Kalanderfees met tentedorp

Tentedorp was die laaste item op die program in 'n bedrywige week vir die Osies met die dat hulle swemgala, sjokolade atletiek en Mnr. en Mej. Oosskool ook gehou is.

POLOKWANE – Na Oosskool se jaarlikse Tentedorp in Februarie vanjaar weens reën moes uitgestel word, was voorverlede Donderdag ‘n wolklose aand toe dié skool se senior leerders as deel van die jaarlikse Kalanderfees dié gewilde geleentheid kon bywoon.

Leah Davel en Ashley Goodes kuier rustig nadat hulle die tent klaar opgeslaan het.

Tentedorp was die laaste item op die program in ‘n bedrywige week vir die Osies met die dat hulle swemgala, sjokolade atletiek en Mnr. en Mej. Oosskool ook gehou is.

Dié; vriende kuier reeds in die tent saam. Mauritz Venter, Vaylin Kellerman, Hector Swart en Janko Venter.

Soos in die verlede was daar talle aktiwiteite om die leerders mee besig te hou en het leerders ook bordspeletjies en ander speelgoed saamgebring.

Kanko Venter het pret by die tentedorp.

Daar was heelwat eetgoed te koop en die leerders het ook hulle eie saamgebring.

MJ Myburgh pas die kampplek op terwyl sy vriende die tent bring.

Net toe die leerders dink die aand kan nie beter raak nie, daag Sorina ‘Die Flooze’ op en vermaak hulle met gunstelinge soos Tennis Tune, en Sout en Peper. Sy het ook saam met hulle, Tjomma Jy’s ‘n Champion, Sorina se nuutste liedjie gesing en dans.

Ruben Kruger maak seker die tentpenne is stewig in die grond.

Dié lied is ook deel van ‘n uitdaging, die Skole Tjomma Challenge wat tans tussen skole regoor die land gehou word.

Duvan du Toit is gereed vir die nag.

Na Sorina se optrede was slaap beslis die laaste gedagte op die meeste Osies se agenda, en daar is tot vroegoggend nog gelag, gesels en gespeel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button