Schools

Graadeens plant ‘n boom by Oosskool

'n Tradisie waarby die gr. 1's egter jaarliks baat, is Boomplantdag en verlede Dinsdag was dit dié jongelinge se beurt om hul merk te maak.

POLOKWANE – Oosskool is bekend vir verskeie tradisies waarna die leerders, personeel en ouers elke jaar uitsien. Septembermaand is beslis ‘n maand wat uitstaan op die kalender met die Kalanderfees en die Mnr. en Mej. Oosskoolkompetisie.

‘n Tradisie waarby die gr. 1’s egter jaarliks baat, is Boomplantdag en verlede Dinsdag was dit dié jongelinge se beurt om hul merk te maak.

Vanjaar kon juffrou Annamart Dorfling die boom kies, aangesien sy aan die einde van die jaar aftree. Haar kleinseuns, Ziaan en Evan, wat albei toekomstige Osies is, het die geleentheid bygewoon en sal so te sê saam met dié boom groei.

Die boom wat geplant is, is die Watburgia salutaris, beter bekend as die peperbasboom. Dié boom se saad neem twee maande om te ontkiem en sy stam is oortrek met knoppies wat soos peperkorrels lyk.

Annamart Dorfling en haar kleinseuns Ziaan en Evan staan by skoolhoof Gideon Pelzer voor die boom geplant word.

Corrie Groenenberg, nog ‘n gr. 1-onderwyser by die skool, het die leerders meer oor hierdie spesiale boom vertel.

“Die peperbasboom is immergroen en verloor nie sy blare nie. Hy word gewoonlik tot 10m hoog, maar daar is bome wat tot 20m hoog gegroei het. Die boom dra bessies wat voëls en ander diere eet.”

Sy verduidelik dat die boom op die lys van bedreigde spesies is. “Tradisionele genesers gebruik die verskillende dele van die boom as medikasie. Die Maasai-mense in Kenia behandel malaria met die boom en dit word ook gesnuif of gerook vir verkouesimptome en hoes. In ander dele van Afrika word dit vir bykans enige kwaal gebruik.”

Gedurende die voorafgaande week het die leerders geleer van plante en hoe hulle ontkiem en groei. Daar is ook vir hulle geleer waarvoor die hout van bome gebruik word, byvoorbeeld om te braai. Behuising vir diere, suurstof en koelte is as ander voordele van bome bespreek.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button