Schools

Hoërskool Pietersburg kry ‘n nuwe astroturfbaan

Die skool se beheerliggaam het in 2020 reeds begin beplan aan dié projek, aangesien die bestaande astroturfbaan ook 'n rakleeftyd het.

POLOKWANE – Dit was 10 jaar gelede dat die hokkielandskap by Hoërskool Pietersburg drasties verander het, met die bou van dié skool se heel eerste astroturfbaan. Na ‘n dekade spog dié sentrum met vele wedstryde, oefensessies en ontwikkeling wat bygedra het tot die omgewing se hokkietalent.

Nou lê daar weer ‘n eerste op PHS se horison – die bou van ‘n hibriede astroturfbaan, ‘n eerste in die stad.

Die skool se beheerliggaam het in 2020 reeds begin beplan aan dié projek, aangesien die bestaande astroturfbaan ook ‘n rakleeftyd het, verduidelik Glenn Groenewald, die beheerliggaam se ondervoorsitter wat die skool se sportportefeulje oorsien.

Die koshuis-hokkieveld word voorberei vir…

“Enige astro het ‘n leeftyd van tussen sewe en 10 jaar, afhangende van die hoeveelheid voete wat in ‘n jaar daaroor beweeg. Omdat PHS vir baie lank die enigste astro in Polokwane en aanvanklik in Limpopo gehad het, het dit buitengewoon baie verkeer gedra en ons het altyd geweet die tyd gaan kom om hom oor te doen.”

Hy verduidelik die verskil tussen ‘n gewone, en ‘n astroturfbaan: “Tradisionele astroturfbane kan gewoonlik net droog of net nat aangewend word. Die hybriede baan kan as beide speeloppervlaktes aangewend word. Omdat Polokwane van tyd tot tyd sukkel met watervoorsiening, gaan PHS ongeveer 85% van die tyd die baan as ‘n droë astro benut. Indien die skool Limpopofinale of dalk selfs Noodvaaltoernooie hier aanbied, kan die baan natgemaak word om aan die vereistes van dié tipe toernooie te voldoen.”

Die huidige Astroturfbaan.

Die Trompie Groep, wat reeds meer as 23 jaar se ondervinding in die bou van astroturfbane het, het die projek amptelik op 9 Oktober oorgeneem en die koshuis se hokkieveld is intussen begin voorberei om ook in ‘n astroturfbaan omskep te word, met die turf wat van die oorspronklike baan gelig word.

Die projek behoort volgens Groenewald voor die einde van die jaar voltooi te wees.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button