Schools

Atletiekkoors loop hoog by Werk en Wen

Die belangstelling het toe na die velditems verskuif en die hindernisbaan, fietsresies, sakresies en die grafie-lepel en balitems het vir groot pret gesorg.

POLOKWANE – Werk en Wen Pre-primêre Skool het vanjaar hul atletiekbyeenkoms op ‘n Saterdag gehou om meer ouers en trotse grootouers die geleentheid te gee om hul sterre in aksie te sien.

Opgewondenheid het reeds lank voor die aanvang van die byeenkoms hooggeloop toe die toeskouers hul plekke op die pawiljoen van Pietersburg Laerskool (PLS) ingeneem het en hul nekke gerek het om die atlete wat aan die optog om die baan deelgeneem het, van nader te bekyk.

Opgewonde ondersteuners wag die atlete van Werk en Wen Pre-primêre Skool by die wenstreep in.

Die Hasies, Skilpaaie en Pikkewyne het die tradisionele kreet gegee en aan die naellope, waar hulle by die wenstreep ingewag is, deelgeneem. Ouers kon ook aan die naellope deelneem en is met sertifikate beloon.

Die belangstelling het toe na die velditems verskuif en die hindernisbaan, fietsresies, sakresies en die grafie-lepel en balitems het vir groot pret gesorg.

Skoolhoof Monica Strauss het die personeel en ouers bedank vir hul bystand. “Die kleuters is baie besig en almal moes bontstaan om alles ordelik te laat verloop,” sê Strauss. Sy het PLS skoolhoof Jacques Bartlett vir die opening en Alexander Hartlief vir die klank en musiek bedank.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button