Schools

PHS-Skoolhoof gee eksamenwenke vir ouers

Adolf Ellis, skoolhoof van Hoërskool Pietersburg gee vir ouers 'n paar wenke wat hulle hierdie eksamen seisoen kan implementeer.

POLOKWANE – Die einde van die skooljaar het eensklaps aangebreek, en met prysuitdelings en konserte redelik agter die rug moet leerders nou tyd agter die boeke deurbring om vir die eksamen voor te berei.

Polokwane Review het by Adolf Ellis, skoolhoof van Hoërskool Pietersburg gaan aanklop vir wenke vir ouers.

“Die eksamen is met ons en ons glo almal werk hard aan hulle voorbereiding. Tog is daar ‘n paar moets en moenies vir ouers waarna hulle moet oplet,” was sy raad:

MOET:

• Maak seker dat jou kind ’n eksamenrooster het. Elke kind leer op ‘n unieke manier. Solank hulle by die rooster hou, kan jy hulle in vrede los.

• Maak seker dat jy ook jou kind se eksamenrooster ken. Plak dit iewers op waar dit maklik sigbaar is.

• Moedig hulle aan om hulle blaaskanse sinvol te gebruik sodat hulle werklik kan ontspan.

• Maak die res van die gesin bedag op die studierooster waarmee jou kind besig is.

• Sorg vir harmonie tussen die res van die gesin, ter wille van jou kind se studieprogram.

• Voorsien jou kind van gesonde maaltye en voedsame peuselhappies.

• ‘n Goeie aanvulling kan help, maar energieversterkers is taboe.

• Beplan betyds om steeds die buitemuurseprogram te akkommodeer.

• Moedig jou kind aan om deurlopend vorige vraestelle uit te werk.

MOENIE:

• Moenie jou kind bel of SMS net nadat hulle ‘n vak geskryf het nie. Vra eerder jou kind om jou te laat weet hoe dit gegaan het.

• Moenie na ‘n klaery luister wanneer jou kind swak presteer het nie, dit is eintlik net verskonings. Jou kind moet verantwoorde-likheid vir sy aksies aanvaar.

• Moenie te veel druk op jou kind plaas nie, maar wees realisties. Verwag die haalbare en nie die onmoontlike nie.

• Moenie bestaande reëls en regulasies verslap omdat dit eksamen is nie, byvoorbeeld wettige bestuurlisensies, toesig gedurende bloktyd en verpligte skoolbywoning totdat die eksamen of bloktyd begin.

“Onthou om tussendeur die leerwerk ook genoeg te ontspan, vars lug en ’n goeie nagrus in te kry. Kyk mooi na jouself.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button