Schools

KleuterZone maak deure in Limpopo oop

KleuterZone kleuters vanaf twee jaar sal ook opleiding in robotika en kodering kry, wat ingesluit is by die skoolfonds.

POLOKWANE – ‘n Eerste vir Polokwane en Limpopo is die opening van KleuterZone, ‘n kleuterskool wat hulle daarop toespits om kinders se sosiale, emosionele, fisiese en intellektuele vaardighede te ontwikkel.

Saterdagoggend het Sasha-Lee Jansen van Rensburg ‘n opedag aangebied vir belangstellendes om te kyk hoe die skool lyk en wat hulle kinders bied.

“Ons open Januarie met die eerste klasse en is regdeur die jaar, skoolvakansies ingesluit, oop. In Desember sal ons wel gesluit wees. Ons het kapasiteit vir 76 kleuters tussen die ouderdomme van drie maande en vyf jaar.”

Voornemende KlueterZone-ouers, Petri en Marelize de Kock met hulle dogtertjie, Elani.

Die babas word in twee groepe gedeel, afhangende van hulle ouderdomme en die kleuters wat met toilet-oefening begin het elk sy eie potjie in ‘n badkamer reg langs die klas. Die babas speel apart van die ouer kinders, en elke speelgrond beskik oor ‘n sandput, klimraam en swaaie.

Jansen van Rensburg sê hulle beoog om swemlesse by die skool aan te bied.

“Ons het ‘n groot swembad wat veilig gemaak is en ek glo dit sal vir ouers beter wees as hulle kinders by die skool kan leer swem.

Leigh-Che Bhimjee en haar dogter, Kayleigh.

“Verder glo ek kinders moet so veel as moontlik buite speel, en ons gaan bak-en-brou periodes hê. Die kurrikulum wat ons volg is een wat al die KleuterZone kleuterskole reg oor die land gebruik.”

Kleuters vanaf twee jaar sal ook opleiding in robotika en kodering kry, wat ingesluit is by die skoolfonds.

Die klasse se name is in al die KleuterZone-takke dieselfde, naamlik hasies, beertjies, sterre, sprokies en wolkies.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button