Schools

PHS kroon Mnr. en Mej. PHS in Casino Nights-styl

Oud-Pieties Ruvé Erasmus, Gerhard Mare en Dianna van Niekerk het saam met Mariska du Plessis en Marco van Deventer as beoordelaars opgetree.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg het verlede Dinsdagaand dié skool se jaarlikse Mnr. en Mej. PHS 2024-kompetisie in Casino Nights-styl gehou tydens ‘n glansgeleentheid.

Die deelnemers was Bella Jardim, Ruan Potgieter, Melissa Laubcher, Alex Marais, Marili Nel, Liam Cronje, Nicky Faul, Elardus Erasmus, Kylie Campbell, Juan Jansen van Vuuren, Jonelda Olivier en Jannes van der Goot.

Oud-Pieties Ruvé Erasmus, Gerhard Mare en Dianna van Niekerk het saam met Mariska du Plessis en Marco van Deventer as beoordelaars opgetree.

Ruvé en Marco is die duo, Ons, met die gewilde liedjie Daai Liedjie en hulle het ook as gaskunstenaars opgetree.

Behalwe vir die informele drag en formele drag items moes elke finalis die beoordelaars beïndruk met hulle eie inisiatief.

Bella was die karakter Suzette van Vetpret met Suzette, ‘n deelnemer aan Op my Eish!, Ruan het vertel van geraamtes in die kas, en die onderwysers se geheime. Melissa moes kies tussen drie uiteenlopende ouens wat sy in die vakansie ontmoet het en Alex was ‘n rooikopprins, asook twee manlike karakters wat om haar hand mee geding het – al die pad terwyl hy net “teroen, teram, terêre” gesê het.

Marili was ‘n muurblommetjie wat met grimering daarin kon slaag om haar droomou te kry. Liam het sy weergawe van Francois van Coke en Karen Zoid se Toe Vind Ek Jou, gesing en die gehoor het na Toe Vind Ek Jou PHS geluister.

Jonelda Olivier, Bella Jardim, Nicky Faul, ALex Marais, Jannes van der Goot en Elardus Eramus.

Nicky het haar eie haarsalon waar sy van ‘n kliënt skinder net om later saam met die einste kliënt oor ander te skinder.

Sy droom egter daarvan om bekend te wees.

Elardus, met sy Radio Raps-hoed, het sy verwarring oor krieket bespreek en daarna, saam met die kitaarkat, oor piesangs gesing. Kylie was ‘n finalis in die Mnr. en Mej. PHS 2024 kompetisie en het as Mel die Storieverteller haarself met grimering getransformeer.

Juan, wie se bynaam Badskuim is, het ‘n skreeusnaakse Robbie Wessels-keurspel gedoen en daarna het Jonelda as Lisa met die Rooi Hare aan Mnr. en Mej. PHS 2024 deelgeneem, met haar glas ‘wyn’, “sodat jy nie hoef nie”.

Johannes het die gehoor teruggeneem na 2022 toe Tina van Wyk haar verskyning gemaak het en hy, as Fielies, met haar getrou het.

Die formele drag het gevolg en die deelnemers het een vir een op die loopplank verskyn en ‘n vraag wat deur die beoordelaars gevra is, beantwoord.

Een van die vrae, wat sal jy eerste doen as jy een oggend opstaan en die bekendste mens in die wêreld was, is deur Marili geantwoord met ‘ek sal ‘n stressie kap’. Juan is gevra in watter ander era hy graag sal wou leef en sy antwoord hierop was, ‘voor tegnologie’.

Hierna is die wenners aangekondig:

• Publieke stem: Ruan Potgieter en Kylie Campbell.

• Mnr. en Mej. Fotogenies: Liam Cronjé en Bella Jardim.

• Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Elardus Erasmus en Nicky Faul.

• Beste eie inisiatief: Liam Cronjé en Nicky Faul.

• Tweede prins en prinses: Elardus Eramus en Jonelda Olivier.

• Eerste prins en prinses: Jannes van der Goot en Bella Jardim.

• Mnr. PHS: Alex Marais.

• Mej. PHS: Nicky Faul.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button