Schools

Kleurvolle liefde vir lees by PLS

By Pietersburg Laerskool is hulle vasberade om 'n liefde vir boeke en lees by elke leerder te kweek, deur pret te hê.

POLOKWANE – Kinders word nie met ‘n liefde vir lees gebore nie – dit is iets wat hulle moet aanleer. Slaaptydstories is een manier om die saadjie te plant terwyl voorlesings by die skool die saadjie kan laat groei.

By Pietersburg Laerskool is hulle vasberade om ‘n liefde vir boeke en lees by elke leerder te kweek, deur pret te hê.

Elein Venter se idioom is ‘n spinnekop oor haar gal laat loop.

Verlede week is Leesweek gehou en kon leerders boeke by Lapa Uitgewers koop. Boek Buddies het vir die leerders ‘n optrede gehou en die leerders kon hulle skoolskoene verruil vir enige iets wat nie ‘n skoolskoen is nie.

‘n Gewilde aktiwiteit was om ‘n hoed te dra wat hulle gunsteling storie uitbeeld en die idioom-aantrek volgens spesifieke temas.

Anzia Schaafsma glo geld groei aan bome. Regs: Elein Venter se idioom is ‘n spinnekop oor haar gal laat loop.

Polokwane Review het met Reinette van der Vyver, Afrikaanse onderwyser by PLS, oor die waarde van lees.

“Baie leerders wonder waarom dit belangrik is dat hulle lees. Daar is vele redes, behalwe dat dit lekker is.”

Rowyn Steyn met haar Alice in Wonderland hoed.

• Jy ontdek lewenswaarhede sonder enige ernstige nagevolge.

• Dit help jou om jou vriendekring uit te brei.

• Dit help om geografiese en historiese grense deur te breek.

• Dit verbeter jou insig oor ander se lewens.

• Dit help met kognitiewe prosesse soos jou denke.

• Dit is ontspannend.

• Dit verbreed jou woordeskat en algemene kennis.

• Dit stel jou bloot aan avonture en aktiwiteite sonder om jou aan die moontlike gevare bloot te stel.

• Jy kan jouself met die karakters in jou boek vergelyk.

• Jy kan die wêreld binne die mure van jou huis ontdek.

• Jou leesspoed verbeter wat help om vinniger te leer en effektief te studeer.

“’n Goeie leser is gewoonlik die goeie presteerder.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button