Schools

Reffie se ‘minidag’ lewer reuse opwinding

Bulletjierugby- en mininetbalspelers het saam met hulle ouers en ander aanhangers by die skool bymekaar gekom vir die eerste miniwedstryde van die jaar.

POLOKWANE – Reeds van vroeg Saterdagoggend af was Akademie Reformia se gronde ‘n miernes van bedrywighede.

Bulletjierugby- en mininetbalspelers het saam met hulle ouers en ander aanhangers by die skool bymekaar gekom vir die eerste miniwedstryde van die jaar.

Akademie Reformia het die dag aangebied en ander deelnemende skole was Erica Pre-Primêr, Laerskool Piet Hugo, Oosskool en Pietersburg Laerskool.

Laerskool Krugerpark en Laerskool Musina het ook die dag bygewoon. Verskillende gelukbringers soos Tinkie die Rooi Vinkie van Akademie, Osie en Nonna Uil en Ramkat die Meerkat, het teen mekaar gedans en tougetrek en daarna is die laaste wedstryde gespeel waarna elke speler en sy ondersteuners moeg, maar gelukkig huis toe kon gaan.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button