Schools

FOTO’S: Piet Hugo geniet Last Blast!

Die skuimruimte was voorwaar 'n treffer soos die leerders met hulle lywe vol skuim daar uit gekom het.

POLOKWANE – Na ‘n kwartaal van harde werk en warm weer het leerders en van die personeel van Laerskool Piet Hugo verlede Vrydag heerlik ontspan.

Dit was tyd vir die Last Blast! waartydens leerders die geleentheid gekry het om op springkastele en waterwurms te baljaar.

Daar was ook ‘n meganiese bul waaraan die leerders behoorlik moes klou om nie afgegooi te word nie.

Die skuimruimte was voorwaar ‘n treffer soos die leerders met hulle lywe vol skuim daar uit gekom het. Vir die klompie wat nie lus was vir die waterspele nie, was daar ‘n karnaval waar hulle onder andere ‘n spookhuis kon besoek.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button