Editor's noteLettersOpinion

Is ons op soek na ware reg en geregtigheid?

Marcus Borg skryf oor reg en geregtigheid: “The God of the Bible is full of compassion and passionate about justice. God’s passion flows out of the very character of God.” Verder skryf hy: “God cares about suffering and the single greatest source of unnecessary human misery is unjust and oppressive cultural systems. These systems range …

Marcus Borg skryf oor reg en geregtigheid: “The God of the Bible is full of compassion and passionate about justice. God’s passion flows out of the very character of God.”

Verder skryf hy: “God cares about suffering and the single greatest source of unnecessary human misery is unjust and oppressive cultural systems. These systems range from a few that have been relatively benign and humane, to more that has been demonically destructive, with many in the middle range of mildly to severely.”

Is ons verlange vir die reg sterk genoeg?

Het ons ‘n brandende begeerte vir geregtigheid?

Of het die sonde hier diep in ons lewens kom nes skrop, het sy wortels diep in ons ingegroei?

As ons nie toelaat dat die Gees van God hierdie vernuwing (bekering) in ons lewens indra nie, sal reg en geregtigheid net woorde bly!

God wil reg en geregtigheid in jou en my lewe indra sodat dit in ons doen en late sigbaar sal wees.

Reg lewe is ‘n leefstyl, ‘n manier van wees. Ons gaan hierdie nuwe aarde nie nader praat, vergader of dink nie. Ons gaan dit ook nie net nader bid nie! Charles Studd, Engelse protestantse sendeling in Asië en Afrika het gesê: “Gebed is noodsaaklik, maar as dit gebruik word as ‘n plaasvervanger vir gehoorsaamheid, is dit niks anders as skreiende hui-gelary nie.” Die bekende Engelse Baptiste sendeling, William Carey het gesê: “Slegs gehoorsaamheid kan ons voorbidding bevry van on-opregtheid.” Bekende evangelis Billy Graham het gesê: “Hoeveel van ons wat vir ander mense bid, is bereid om die instrument te wees waarmee God daardie gebed kan uitvoer?”

God se nuwe aarde kom waar ons bid en werk.

Sy nuwe ryk kom waar ons in gehoorsaamheid aan God se Gees reg en geregtigheid doelbewus bevorder.

En waar ons gehoorsaam is kom daar ‘n onverstaanbare en onweerstaanbare geluk oor ons.

Dit gebeur daar waar ons reg en geregtigheid najaag.

Vreemd? Natuurlik! Want die wêreld wil ons laat glo dat geluk net gevind kan word waar ek myself verryk, alles vir myself inpalm.

Die geluk waarvan Jesus praat is ‘n veel dieper geluk as die kortstondige oppervlakkige geluk waarvan die wêreld praat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button