BlogsOpinion

Ontmoet Pepe, die wêreld se heel armste president

Jose Alberto “Pepe” Mujica Cordano is gebore op 20 Mei 1935 en is die president van Uruguay sedert 2010. Hy en sy vrou het geen kinders nie en het die weelde van ‘n staatswoning en bediendes uit eie keuse verruil vir ‘n eenvoudige leefstyl van grondpaaie en sy vrou se plaaswoning buite die hoofstad, Montevideo. …

Jose Alberto “Pepe” Mujica Cordano is gebore op 20 Mei 1935 en is die president van Uruguay sedert 2010.

Hy en sy vrou het geen kinders nie en het die weelde van ‘n staatswoning en bediendes uit eie keuse verruil vir ‘n eenvoudige leefstyl van grondpaaie en sy vrou se plaaswoning buite die hoofstad, Montevideo. Manuela, ‘n driebeenhond deel die plaaslewe met die gesin.

‘n Volkswagen Kewer, hulle enigste voertuig, beklemtoon verder die eenvoudige leefstyl wat hulle handhaaf.

Die voertuigwaarde was in 2010 $1 800 en is die totale bedrag van persoonlike besittings van Mujica wat hy verklaar het toe hy president van Uruguay geword het.

Hy word beskryf as die wêreld se nederigste en mees geliefde president weens sy sober leefstyl en die feit dat ongeveer 90% van sy maandelikse salaris van $12 000 aan liefdadigheidsorganisasies, arm mense en jong entrepreneurs geskenk word.

Dit laat die president met ‘n salaris van ongeveer $775 per maand. Dié bedrag is gelyk-staande aan die gemiddelde inkomste van ‘n gewone burger.

‘n Gewone dag in die presidensiële huishouding begin deur wasgoed was en buite op te hang. Die water vir die hele huishouding word verkry uit ‘n put. Die enigste sekuriteit op die plaas is twee polisiemanne en Manuela.

Vanuit ‘n ou stoel, wat ook sy hond se gunsteling lêplek is, gesels hy. “Baie mense beskryf my as ‘n eksentrieke ou man, maar dit is my keuse om so te leef. Ek leef goed met dit wat ek het. Al word ek die armste president genoem, voel ek nie arm nie. Arm mense is dié wat net moet werk om ‘n weelderige leefstyl te handhaaf. Hulle wil net meer en meer hê. Dis ‘n keuse van vryheid. As jy nie baie besittings het nie dan hoef jy nie jou hele lewe soos ‘n slaaf te werk om dit in stand te hou nie. Dit beteken meer tyd vir jouself.”

Dit herrinner my aan ‘n ander arm en nederige Man.Hy was maar net ‘n eenvoudige skrynwerker wat nooit sy eie huis of motor, ja selfs ‘n donkie gehad het om op te ry nie.

Hy het verklaar, “kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee,want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele”. (Mat 11.28)

Ek wens ons kan almal meer soos Hy word.

www.dsgielie.net

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button