BlogsOpinion

Belastingvrye spaarrekenings

Koos de Wet CFP is 'n finansiele beplanner

Die nasionale tesourie het die finale kennisgewing en regulasies vrygestel wat die nuwe belastingvrye spaarrekenings reguleer (BVSR). Hierdie tipe rekenings is vanaf 01 Maart 2015 beskikbaar. Beleggings in ‘n BVSR sal beleggings-groei geniet vry van enige belasting op dividende, kapitaalwins-belasting en belasting op rente.

BVSR’e kan gebruik word as noodfondse, spaar vir ‘n kind se opvoeding, as toevoeging tot aftrede besparings of vir enige ander persoonlike doel.

Bydraes word beperk tot R30 000 per jaar. Hierdie reël sal streng toegepas word en alle bydraes wat gedoen word by alle produkverskaffers deur een enkele belegger, sal kumulatief in ag geneem word. Beleggers word ook beperk tot ‘n maksimum bydra van R500 000 oor hulle leeftyd.

Produk-verskaffers sal nie toegelaat word om bedrae bo hierdie bydra-limiete, te aanvaar nie. Die SAID sal enige oorskort bydraes teen 40% belas.

Bydraes is buigbaar en kan enige tyd gestaak word sonder enige penalisasie. Oordragte van BVSR’e van een platvorm na ‘n ander word nie toegelaat in die eerste jaar van hierdie belegging nie. BVSR’e kan feitlik in enige bateklas i.e. kontant, effekte, eiendom en/of aandele belê word en daar is nie beperkinge soos by afrtee fondse nie (bv. Reg. 28).

Beleggers kan enige tyd onttrekkings doen, maar sal nie toegelaat word om die bedrag wat as sodanig onttrek word in ‘n bepaalde jaar te vervang nie, m.a.w bedrae wat onttrek word sal steeds geag word as deel van die bydra-perk vir daardie jaar. Om die meeste van jou belastingvrye spaar in hierdie produk te maak moet jy vir so ‘n lank periode as moontlik (5-10 jaar) daarin belê bly.

Die volgende instansies kan die produk aanbied:

· Geregistreerde en gelisensieerde banke

· Langtermyn-versekerings maatskappye via seker uitkeer polisse

· Kollektiewe beleggings bestuurders via direkte beleggings in effektetrusts

· Die Regering

· Aandele makelaars

· Gekoppelde beleggings diensverskaffers (LISP)

Alle fooie wat gehef word moet redelik wees en sogenaamde prestasie fooie sal nie toegelaat word nie. Wanneer ‘n belegger in ‘n uitkeerpolis belê sal hy ‘n begunstigde nomineer en sodoende ook die belegging vrywaar teen krediteure en bespaar op eksekuteursfooie.

Beskerming teen krediteure geld eers na 3 jaar van die belegging en sodanige beskerming sal voortduur tot 5 jaar na die beëindiging van die polis se termyn.

Hierdie nuwe instrument kan beslis oorweeg word as aanvulling tot enige persoon se spaar vir watter doel ookal en moet beslis oorweging geniet wanneer jy weer met jou finansiële adviseur kontak het.

* Koos de Wet CFP is ‘n finansiele beplanner by PSG en ‘n lid van die Fidusiêre Insituut van Suidelike Afrika. Lesers kan navrae aan hom stuur by koos.dewet@psg.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button