BlogsOpinion

VAT VYF: From Top Gear to low gear

Die spreekwoord,  ‘…die kool is die sous nie werd nie’ het nuwe betekenis  gekry  toe Jeremy Clarkson deur die BBC in die pad gesteek is.  Die gewilde aanbieder van Top Gear, die BBC se motor-entoesiasprogram, was so kwaad toe hy een aand na ‘n produksiesessie nie ‘steak’ bedien is nie dat hy uitgebars het in …

Die spreekwoord,  ‘…die kool is die sous nie werd nie’ het nuwe betekenis  gekry  toe Jeremy Clarkson deur die BBC in die pad gesteek is.  Die gewilde aanbieder van Top Gear, die BBC se motor-entoesiasprogram, was so kwaad toe hy een aand na ‘n produksiesessie nie ‘steak’ bedien is nie dat hy uitgebars het in ‘n tirade…
Die storie is as volg: Clarkson en sy span het ‘n private eetkamer  gereserveer vir 20:00 maar hy het eers teen 22:00 by die hotel opgedaag.  Teen daardie tyd was die restaurant se sjef alreeds huistoe.
Clarkson was glad nie tevrede met die  vleisbord (‘platter’) en sop wat vir hom aangebied is nie.  Die BBC se jong produksiebestuurder, Oisin Tymon, moes Clarkson se woede ontgeld toe hy hom gedurende die onderonsie met die vuis bygedam het. (Oisin moes blykbaar seker gemaak het dat die sjef aan diens bly totdat Clarkson by die eetplek arriveer het.)
‘n Ooggetuie sê: “Clarkson errupted when told there was only a cold platter.  The general manager offered them everything that the chef had prepared but Clarkson said: “So there is no food? We were all thinking, meat platter and soup; surely that’s food …”
Clarkson dwing nie juis respek af vir sy hantering van Oisin nie. In baie mense se oë het hy geval van ‘top gear’ na ‘low gear’. Dit laat mens dink aan die gesegde “…great men show their greatness in the way in which they handle little men”.
Ons kan seker almal terugdink aan oorhaastige en dwase optrede  in ons eie lewe. Ons het ons onnodig gewip oor ons nie ons sin gekry het nie.  Ons het ons ‘speelgoed uit die wiegie’ gegooi omdat ‘n klein dingetjie nie na ons sin was nie, sonder om aan die gevolge te dink…
Die een man ‘ego trip’  het Clarkson ‘n paar miljoen pond aan salaris en ander byvoordele gekos.
Dit het ook miljoene motor entoesiaste teleurgestel wat nou sonder hulle gunsteling TV program en geliefde aanbieder moet klaarkom.
Was die ‘steak’ regtig die sous werd? (www.dsgielie.net)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button