BlogsOpinion

GEESTELIKE POTPOURRI: Geseënd is die vredemakers

Stakings, korrupsie, ontvoering, die vlugteling-krisis, ‘n buurman wie sy onbekende buurman vloek, misbruik van alkohol, misbruik van die reg en eie posisies is wêreldwyd aan die orde van die dag.

Stakings, korrupsie, ontvoering, die vlugteling-krisis, ‘n buurman wie sy onbekende buurman vloek, misbruik van alkohol, misbruik van die reg en eie posisies is wêreldwyd aan die orde van die dag.
Konflik is ‘n daaglikse realiteit van die moderne mens en die aggressie van ‘n buurman vloei eindelik oor na die inwoners in die straat wat weer verder oorvloei na ‘n gemeenskap en later is konflik die basis waarop elkeen wil staan om gehoor te word en om sake te wil verander.
Na berekening het die wêreld in die afgelope 4 000 jaar slegs 300 jaar se vrede beleef.
Hierdie statistiek is slegs opgeteken van die bekende wêreld.
Die 300 jaar kan selfs minder wees. Ons lees dat ongeveer 300 000 kinders wêreldwyd in konflikgeteisterde lande as kindersoldate oorlog voer in die naam van die persoon wie vir hulle kos, klere en vryheid belowe.
Te midde van hierdie omstandighede word die woorde van Jesus Christus “…geseënd is die vredemakers…want hulle sal kinders van God genoem word,” met nuwe entoesiasme aangehoor.
Jesus maak dit duidelik die verskree van mense, die dreigemente teenoor vreemdelinge en die aggressiewe optredes is geensins die antwoord vir verhoudinge nie. Die persoon wie die tong as ‘n sweep gebruik en die liggaam as ‘n aggressiewe spieël teenoor ander is in geen opsig ‘n geloofwaardige getuie van vrede of hoop vir die toekoms nie.
Waarom ontduik werklike vrede ons gemeenskap: die skreeuende buurman, die familie wie in kwaai vriendskap met mekaar en/of ander leef en persone wie mekaar verdag maak?
Vrede ontduik almal wanneer selfsug, gulsigheid, gierigheid en begeertes oorheers. Die rede vir konflik is nie polities, sosiaal of ekonomies van aard nie. Die keuse van ‘n persoon om selfgerig te lewe is die angel wat diep in ons wese in steek.
Hierdie angel vernietig mense se waardering vir die lewe, dit vervorm die beeld oor ‘n persoon en verwerp die kans op vergifnis.
‘n Mens se daaglikse optrede onderstreep dit wat in sy binneste lewe. Wanneer jy alles en almal wil verskreeu, verklaar dit duidelik ‘n
onrustigheid in jouself en dat jy nie in beheer van jou emosies is nie. Met die gevolg dat na uitlaatkleppe en wyses gesoek word om NIE die innerlike spanning, seer, verlange of teleurstellinge te hanteer nie. Die enigste antwoord waarop vir hierdie selfsug staatgemaak kan word, is konflik.
Die teenmiddel teen konflik is om jouself ‘n kans te gee om jouself deur die oë van Christus in die Woord te spieël. Ons weet Christene kan ons soms faal – hulle kan ook jok, hulle kan ook steel en ons teleurstel. Dit is alles moontlik maar ons kyk na elkeen egter deur die oë van Christus in die Skrif en besef dat hy/sy ‘n slagoffer van selfsug is.
Deur die mense met die oë van vredemakers aan te kyk, is ons die draers van hoop deur die selfsug te kruisig en word ons as kinders van God genoem.
Wanneer ons die selfsug nie kruisig nie is konflik op alle terreine en verhoudinge die enigste vernietigende konstante.
“Geseënd is die vredemakers…want hulle sal kinders van God genoem word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button