BlogsOpinion

KATROLKOORS: Vang daardie ontwykende grote met die regte aas

Ons het die afgelope paar weke gekyk na my top vyf gunsteling sagte plastiekase – watter kleure om wanneer te gebruik en ook hoe om die aas aan die hoek te sit. Wat swartbaarhengel egter baie interessant maak is die verskeidenheid ase waarop die spesie aangekeer kan word. Moet tog asseblief nie in ‘n groef …

Ons het die afgelope paar weke gekyk na my top vyf gunsteling sagte plastiekase – watter kleure om wanneer te gebruik en ook hoe om die aas aan die hoek te sit.

Wat swartbaarhengel egter baie interessant maak is die verskeidenheid ase waarop die spesie aangekeer kan word.

Moet tog asseblief nie in ‘n groef verval en net op een soort aas en een kleur vashaak nie.

Ek ken sulke hengelaars en hulle het wel sukses met die bepaalde aas maar glad nie soveel soos ‘n veelsydige hengelaar wie ‘n verskeidenheid van kunsase bemeester het nie.

Die tweede groep ase wat ek in my hengelsak saamdra kan geklasifiseer word aas draadaas. Dit is goeters soos spinnerbaits, buzz-baits en in-line spinners.

Dié goed het draad raamwerke en lyk na niks wat bekend is nie en tog vang hulle vis – baie vis!

Ons het al in ‘n vorige bydrae (#7) die spinnerbait behandel voordat ek afgedwaal en oor interne- en eksterne hengelfaktore begin praat het.

Die ander twee draadase, naamlik buzzbaits en in-line spinners lyk as volg:

In line spinners:

Die algemeenste van dié aas staan bekend as Mepps Spinner wat bestaan uit ‘n enkeldraadjie, ‘n gespikkelde lepeltjie en ‘n drie-angelhoek. Die aas is beskikbaar in verskillende grotes en kleure waarvan die swart lepeltjie met die geel kolletjies die gewildste is.

Vir swartbaars is ‘n nommer drie en groter geskik. Die aas is nie baie duur nie en vele hengelaars kyk neer daarop juis omrede dit so ‘n goedkoop aas is, maar “when the going gets tough…”.

In sulke tye haal dan gerus hierdie “geheime” onderskatte kunsaas uit en geniet jou hengel.

Ek het al ‘n bydrae ontvang van ‘n leser wie met so ‘n Black Fury, twee swartbaars van oor die 4 kg elk vanaf die kant gevang het. Was ek jaloers? Beslis!

Buzz-bait:

Die tweede aas wat ek saamdra maar min gebruik is ‘n buzz-bait, of soos een van my skrywers dit noem: ‘n eierklitser. Dit lyk soos ‘n spinnerbait maar die ding het geweldige groot lemme wat groot geraas maak. Hoe meer hoe beter. Die aas word ook gebruik om groot vis te teiken en die ideale tyd en plek is vroegoggend of laatmiddag baie naby aan struktuur wanneer die wateroppervlak glad is.

Die geheim lê in die aanbied van die aas. Die aas word uitgegooi en nog voordat die aas die water tref begin ek al inkatrol. Met ander woorde die aas hardloop oor die water met ‘n groot geraas en irriteer elke vis in die omgewing. Iewers gaan ‘n vis sy geduld verloor en op die aas toesak. Dit is dan wanneer jy as hengelaar selfdissipline moet toepas want die vis spring letterlik uit die water om die aas te versuip.

Die grootste fout wat meeste hengelaars maak is om te vroeg te kap. Sien die vis; tel twee tot drie sekondes en maak vas, óf ander hengelaars wag totdat die lyn styf trek en kap dan. Hoe ook al – as jy nog nie ‘n swartbaar op ‘n oppervlakte aas gevang het nie, het jy nog nie “vis gevang” nie. Die gevoel is onbeskryflik.

Dit is egter nie al die visse wat so uit die water klim nie: groter visse, soos in groot visse, swem onder die aas in en suig letterlik die aas in. John Bulpitt, een van my mentors en oud-Protea hengelaar, sê dit lyk soos ‘n toilet wat spoel wanneer ‘n groot vis jou aas vat.

Wenk van die week:

Sommige hengelaars boor ekstra gaatjies in ‘n buzz-bait se lemme om nog meer geraas en skuim te maak.

Hannes Lindeque is die uitgewer van die spesialistydskrif, SA BASS, wat maandeliks verskyn en is self ‘n kranige swartbaarhengelaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button