BlogsOpinion

KATROLKOORS: Die Texas-strop word so gemaak

Een van die bekendste swartbaarstroppe is die Texas-strop.

Een van die bekendste swartbaarstroppe is die Texas-strop.

Hierdie strop word saam met sagte plastiese kunsaas gebruik wanneer die hengelaar in digte struktuur wil hengel. Dit wil sê wanneer die groot visse tussen die takke en gras skuil. Die meeste ander kunsaas en veral drie-angelhoeke sal iewers vashaak en afbreek.

Die Texas-strop lyk as volg: ryg eers ‘n koeëlsinker (bullet weight) aan die hooflyn en knoop dan ‘n wurm- of wide gap-hoek aan die lyn. Ryg ‘n sagte plastiese kunsaas van jou keuse aan die hoek en maak seker dat die aas weedless is voordat die aas uitgegooi word.

Vislyn – wanneer ek met sagte plastiese kunsaas hengel gebruik ek altyd ‘n sterk en sensitiewe lyn soos fluorocarbon tussen 17 en 20 lb saam met ‘n stewige swaar-aksie stok.

Die sinker se gewig sal afhang van die waterdiepte, óf die digtheid van die skuiling wat gehengel word. Die goue reël is altyd; “so lig as moontlik”.

Indien die sinker te swaar is en onnatuurlik by die vis verby val, is jou kans maar min om iets te vang. ‘n Uitsondering sal wees wanneer jy tussen lelies óf digte gras hengel. Gewoonlik word die sinker en aas dan in die lug op geskiet sodat dit met groot krag deur die gras en lelies bars. Die meeste hengelaars gaan maar min tot sulke uiterstes.

Tungsten gewigte is baie gewild omrede dit ‘n klein profiel het en baie swaarder as lood is. Die nadeel is dat tungsten baie duurder is. Maak dus seker jou knoop is goed en dat die gaatjie deur die sinker nie enige skerp kante het nie. Oor die algemeen gebruik hengelaars loodsinkers wat in verskeie groottes beskikbaar is.

Dit is raadsaam om die sinker te peg, veral wanneer die vis tussen takke en bome wegkruip. Ek gebruik sommer ‘n sagte tandestokkie om te keer dat die sinker teen die lyn rondgly. Die sinker word naby aan die hoek ge-peg.

Hoeke – hoofsaaklik is daar twee soorte hoeke naamlik langsteel-wurmhoeke en groot wide gap-hoeke. Sonder om nou in te veel detail in te gaan word 2/0 grootte wurmhoeke gebruik met kunsaas wat lang slanke profiele het soos grubs, Senko’s, akkedisse en natuurlik wurms. Ek gebruik ‘n 4/0 wide gap-hoek wanneer ek met Flukes en ‘n 7/0 wanner ek met paddas hengel.

Volgende week kyk ons na nog ‘n swartbaarstrop.

Wenk van die week:

Plastiekwurms word hoofsaaklik gebruik vir struktuurhengel en is veral geskik vir diepwaterhengel.

Hannes Lindeque is die uitgewer van die spesialistydskrif, SA BASS, wat maandeliks verskyn en is self ‘n kranige swartbaarhengelaar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button