POLOKWANE – Enige ouer besef dat kruip ‘n groot mylpaal in hul baba se lewe is.
“Kruip is die opvolg van rol en sit. Hoe meer jy die spierre stimuleer, hoe sterker word die spiere. ‘n Baba moet na beide kante rol sodat beide kante van die brein kan ontvikkel.”
Die regter en linkerkant van die brein is saam bedraad en dus saam werk. “Navorsing het bewys dat om op al vier lede mate te kruip ontwikkel vaardighede. Dit help vir beide groot en klein motoriese ontwikkeling. Deur op jou hande en knieë te kruip help vir stil sit, balans, spiertonus, hand-oog koordinasie, ruimtelike koordinasie en middellyn kruising.”
Ander vaardighede wat ontwikkel is fokus afstand, oogkontak en gewrig kontrole en beheer. Hoe meer jy beweeg, hoe meer bewus is jy van jou liggaam. ‘n Baba kruip sowat 60,4 m tot 187,8 m per dag. So hoe meer jou baba kruip, hoe meer leer hy oor sy liggaam.
“Soos voorheen gesê is dit raadsaam om steunstoele en ander steuntoerusting weg te pak. Dit is belangrik vir natuurlike ontwikkeling om plaas te vind. Indien ‘n baba kruip as mylpaal oorslaan beteken dit nie noodwendig dat hy later probleme sal hê nie, maar die kans is daar. Magietyd, of mattyd is belangrik vir opeenvolgende ontwikkeling van elke mylpaal.”
Kruip spoor spierbeheer (om regop te kan sit), spierkrag en -tonus, balans en beweeglikheid aan. ‘n Baba moet ‘n hele ruk kruip om stewige breinpaadjies te vorm. ‘n Baba moet kan kruip voor hy kan loop.
“Wanneer ‘n baba kan kruip verstaan hy sy lyfie. Wanneer die brein en die spiere saam werk, kry hy selfvertroue, ‘n goeie selfbeeld en hy kan maatjies maak. Met kruip versterk hy sy bolyf deur sy kop op te lig. Kruip is sy eerste ondervinding met vorentoe beweeg.”
