Local sportSport

Goud vir Lim se kleingeweer-skuts

Limpopo se skuts het Saterdag koning gekraai in in die Interprovinsiale Kleingeweer-skietkompetisie.

POLOKWANE – Limpopo se skuts het Saterdag koning gekraai in in die Interprovinsiale Kleingeweer-skietkompetisie.

Skuts van Gauteng, Noord Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo het aan die amptelike .22-skyfskietkompetisie deelgeneem. In dié spankompetisie het Limpopo se span, Johan Potgieter, Rudie Myburgh en Pieter de Bruyn, die skuts van Noord Gauteng met twee punte geklop en goud verower.

Die Polokwane Kleingeweerklub het ook in die klubkampioenskappe goud verower nadat hulle Pretoria SANDF geklop het. Potgieter, Myburgh en De Bruyn het die Polokwane Kleingeweerklub verteenwoordig. De Bruyn het ook ‘n algehele derde plek behaal.

Uitslae:

• Henso Coetzee, C-klas, silwer en brons.

• Joseph Fourie, C-klas, silwer.

• Johan Potgieter, A-klas, brons.

• Frik van Lill, F-klas, twee brons.

• Pieter de Bruyn, veterane-afdeling, silwer en brons.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button