Local sportSport

66 van Zani’s pryk in Limpopo-span

'n Rekord-getal 66 gimnaste van Zani's Gymnastics Academy is in die Limpopo-span inge-sluit.

POLOKWANE – ‘n Rekord-getal 66 gimnaste van Zani’s Gymnastics Academy is in die Limpopo-span inge-sluit.

Op 8 en 9 Augustus het 16 Limpopo-gimnastiekklubs met 376 vlak 1-, 2- en 3-gimnaste vanoor die hele Limpopo saamgetrek om die Limpopo-span te kies.

Zani’s het die kompetisie aangebied en ‘n totaal van 84 gimnaste, 29 meisies en 55 seuns, van dié akademie het deelgeneem.

Die gimnaste het 64 goue, 16 silwer en vier brons medaljes gewen en 39 seuns en 27 meisies van Zani’s is gekies vir die Limpopo-span.

“Elke gimnas het ook ‘n medalje ontvang op grond van hul totaal vir die vier apparate; vloer, spronge, brug asook rekstok vir die seuns of balk vir die meisies,” het Zani Prinsloo, eienaar en hoofafrigter van Zani’s, verduidelik.

Die gimnaste wat Limpopo-kleure ontvang het, neem op 5 en 6 September aan die Noordsone-kompetisie in Kemptonpark deel teen ander gimnaste.

Toppresteerders:

• Pedri Neethling – Beste vlak 1 seun;

• Edward Hugo-Conradie – Beste vlak 3 seun; en

• Storm Locke – Beste vlak 1 dogter.

Afdelingwenners:

• Pedri Neethling vlak 1 (8-9 jaar);

• Robert O’Reilly vlak 2 (9-10jaar);

• Edward Hugo-Conradie vlak 3 (9-10 jaar);

• Ricus Havenga vlak 3 (11-13 jaar);

• Liana Pragji vlak 1 (o/6 jaar);

• Heidi Katzke vlak 1 (o/10 jaar);

• Storm Locke vlak 1 (12 jaar en ouer);

• Kayla de Villiers vlak 3 (8jaar); en

• Chantae de Lange vlak 3 (13 en ouer).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button