Local sportSport

‘En garde’ vir Moné

Moné McCabe, 'n 14-jarige leerder aan Curro Heuwelkruin, het die naweek drie medaljes tydens die KwaZulu-Natalse Skerm Opekampioenskappe verwerf.

POLOKWANE – Moné McCabe, ‘n 14-jarige leerder aan Curro Heuwelkruin, het die naweek drie medaljes tydens die KwaZulu-Natalse Skerm Opekampioenskappe verwerf.

Dié tweedag nasionale kompetisie is een van ses toernooie waarin deelnemers goed moet presteer om vir ‘n nasionale plek in aanmerking te kom.

Met hierdie prestasie neem sy die tweede plek in op die nasionale leër vir vroue in dié afdeling “foil”. Moné het in dié afdeling ‘n silwer medalje in die o/17-afdeling behaal in “cadet foil”, asook ‘n silwer medalje vir “junior foil” in die o/20-afdeling en ‘n brons medalje vir “cadet degen” in die o/17-afdeling.

Sy sê sy het met die intrapslag van skerm gehou: “Ek het twee jaar terug by die Firebird skermklub aangesluit”.

“Hierdie kampioenskappe was my eerste groot kompetisie, behalwe vir die plaaslike klubs wat teen mekaar meeding.”

Haar hoop is om volgende jaar SA-kleure te verwerf. “Die groot prys sal natuurlik wees om in die wêreldkampioenskappe mee te ding,” sê sy. Volgens Moné lê haar taktiese punte in die analiseer van haar opponent se bewegings, haar spoed en voetwerk. Hierdie tegnieke word opgeskerp omdat sy teen seuns oefen, wat haar ‘n voorsprong gee in terme van stamine en krag. Meisies, meen sy, is meer tegnies, emosioneel en agressief in die sport. In haar vrye tyd lees sy graag, speel netbal of sommer net X-Box.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button