Local sportSport
Jong ruiter wys haar slag
RALIEN de Beer is 'n jong ruiter wat haarself deeglik bewys het gedurende die Suid-Afrikaanse nationale skolekampioenskappe wat in die vakansie op Betlehem gehou is.
RALIEN de Beer is ‘n jong ruiter wat haarself deeglik bewys het gedurende die Suid-Afrikaanse nationale skolekampioenskappe wat in die vakansie op Betlehem gehou is.
Sy het die afdeling vir hoërskole gewen en die Victrix Ludorum ingepalm. Die Limpopo Hoërskoolspan het ook koning gekraai in die spankompetisie. Ralien is een van vier ruiters wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse skolespan wat aanstaande jaar in Frankryk gaan deelneem.
Ralien, ‘n gr. 10 leerder aan Hoërskool Piet Potgieter, het ook einde Augustus in Walvisbaai aan die Afrika-uithoukampioenskappe deelgeneem waar sy in die 120km rit ‘n vyfde plek gekry het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



