Local sportSport

Lim Blou Bulle beplan vir toekoms

Die Limpopo Blou Bulle Afrigtersvereniging het Maandagaand by die Peter Mokaba Sportkompleks hul algemene jaarvergadering aangebied.

POLOKWANE – Die Limpopo Blou Bulle Afrigtersvereniging het Maandagaand by die Peter Mokaba Sportkompleks hul algemene jaarvergadering aangebied.

Tydens die vergadering is Len Fielding herverkies tot voorsitter van die vereniging.

Pierre Venter is verkies as die visevoorsitter en Annette Fielding tot sekretaris.

Die vereniging se doelwitte vir die jaar sluit in om die provinsie se rugby na ‘n hoër vlak te neem deur die nodige opleiding en kursusse aan lede te bied.

Van die kursusse wat beoog word sluit in Boksmart-kursusse, wat oor veiligheid op die rugbyveld handel, asook afrigtingskursusse.

Alle rugby-afrigters van skole en klubs word aangemoedig om by die Rugby-afrigtersvereeniging aan te sluit en te registreer as geaffilieerde lede van die Limpopo Blou Bulle Afrigtersverenigng.

Vir inligting oor kursusse en om aan te sluit skakel Len Fielding by 072 372 4552 of Pierre Venter by 078 225 1709.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button