Local sportSport

Atlete is gereed vir Sani Pas-uithouwedloop

Tien lede van die Potties-atletiekklub vertrek Vrydag 28 November, na Sani Pas in Kwazulu-Natal om deel te neem aan een van Afrika se mees unieke atletiekervarings.

MOKOPANE – Tien lede van die Potties-atletiekklub vertrek Vrydag 28 November, na Sani Pas in Kwazulu-Natal om deel te neem aan een van Afrika se mees unieke atletiekervarings.

Die Sani Stagger Endurance Race is inderdaad ‘n uitmergelende marathon. Hierdie wedloop van 42km bestaan onder meer uit ‘n klomp taai opdraandes en bulte waarvan atlete met tye tot 1 968m bo seespieël hardloop.

Een van die draaie word nie verniet die suicide bend genoem nie en daarvoor moet atlete topfiks wees en oor hope uithouvermoë beskik.

“Ons draf al vir die afgelope 10 jaar saam, waarvan ons elke tweede jaar ‘n uitdaagmarathon kafdraf,” sê Sarie Coetzee, een van die langasems wat daarna uitsien om die wedloop te gaan voltooi. Die span sê dankie vir Nissan BB Auto Mokopane vir die borg van hul bus na die resies.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button