Dorp se atlete berei voor vir wedloop
DIE jaar het op 'n fikse noot afgeskop vir die lede van die Potties Atletiekklub wat tans voorberei vir die klub se jaarlikse wedloop wat hier op eie bodem aangebied word.
MOKOPANE – DIE jaar het op ‘n fikse noot afgeskop vir die lede van die Potties Atletiekklub wat tans voorberei vir die klub se jaarlikse wedloop wat hier op eie bodem aangebied word.
Meer as 400 atlete sal op Valentynsdag kragte meet wanneer die skote voor die Alaparini padkafee op die Sterkrivierpad klap in die onderskeie wedlope van die dag.
Werner Krafft, voorsitter van die klub, is opgewonde oor die wedloop vir jonk en oud wat op 14 Februarie gehou word.
Navrae van klubs in die omgewing en selfs so ver as Johannesburg is al ontvang.
Deelnemers sal kan deelneem aan die 6km, 10km, 21km, 32km en 42km wedlope. Almal wat die wedloop voltooi kry medaljes en daar is ook heerlike pryse op die spel vir die wenners.
Vir meer inligting kan Krafft by 082 776 8573 gekontak word.



